Senwes Scenario Junie / Julie 2019 | Page 8

NUUS Agter van links na regs is Marcel Lombard, Handre van Heerden, Frans Drey­er, Thys Grobbelaar en Bennie Scheepers. Voor is Hansie Swanepoel, Susari Koege- lenberg en Norman Botma. Johan Vosloo en Phillip Nell is ook deel van die span. Senwes Graanmakelaars personeel kry hul oomblik van roem “In die toekoms sal almal vir 15 minute wêreldbekend wees,” het Andy Warhol, ’n Ameri­ kaanse kunstenaar en regisseur, wat ’n leierfiguur in die wêreld van visuele kunste bekend as pop art, was. Dit blyk nou dat Andy se woorde waar geword het vir die personeel by Senwes Graanmakelaars.  Deur Marlon Abrahams Hoofredakteur H ansie Swanepoel, Susari Koegelenberg, Norman Botma. Marcel Lombard, Handre van Heerden, Frans Dreyer, Thys Grobbelaar en Bennie Scheepers, wat almal by Senwes Hoofkantoor werk, asook Johan Vosloo en Phillip Nell, sal die stemme agter die Senwes markverslae wees wat regstreeks uitgesaai sal word elke weeksoggend vanaf April 2019 tot aan die einde van Maart 2020. Die tydsgleuf van die uitsending is ongeveer 05:45 en sal gehoor kan word op die gewilde Sentraal Suid-Afrikaanse radiostasie, OFM. Die formaat van die program, wat deel is van OFM se Before Dawn tydsgleuf, fokus op landbounuus tussen 05:00 en 06 SENWES SCENARIO | WINTER 2019 06:00. Die programaanbieder sal dan een lid van die makelaarspan skakel vir ’n lewendige telefoononderhoud oor ver- skeie aspekte met betrekking tot plaaslike en internasionale graanmarkte. Die tydsgleuf is baie gewild onder boere en kommoditeitsbemarkers en die span is opgewonde, maar tog ’n bietjie benoud daaroor om die belangrike rol te vervul om OFM luisteraars in te lig. Inligting sal gedeel word oor: • Markpryse en Safex-sluitingspryse van wit- en geelmielies, koring en sonne­ blom. • Markanalise - oorsig oor tendense tussen sluitingspryse van die vorige dag, die identifisering van redes vir die bewegings en die verskaffing van statistiese analises. • Marktendense - prystendense met betrekking tot die mees belangrike internasionale graanbeurse soos Chicago en Kansas. • Plaaslike nuus wat die SAOG-gebied affekteer. • Makro-ekonomiese faktore - rand/dollar valutakoers, wêreld politieke verwikke- linge, tariewe/subsidies en plaaslike en wêreldvoedselprogramme. Senwes Grainlink se senior graanmarkana- lis, Thys Grobbelaar, sê dat dit nie ’n nuwe idee is nie. “Ons het dit op ’n ander radio- stasie so ver terug as 2004 vir die eerste keer gedoen. Meer onlangs is die gleuf op OFM deur ’n ander landboumaatskappy gebruik, maar toe dit aan ons gebied word, was ons baie opgewonde om weer betrok- ke te raak en om hierdie belangrike mark­ indikators met die luisteraars te deel.” As jy graag jou vinger op die pols van graanbemarking wil hou, stel jou wekker vir 05:45 elke weeksoggend en luister hoe die ouens hul oomblik van glorie geniet!