Senwes Scenario Junie / Julie 2019 | Page 25

IN DIE KOMBUIS Karringmelk en heuning hoendersosaties Na aanleiding van die sukses van ons #braaiviriboere-veldtog wat vroeg al gefokus het op hoender, het ons besluit om ’n 3-in-1-resep in te sluit wat drie produsente met een slag ondersteun. Geniet hierdie heerlike karringmelk en heuning hoendersosaties. Die drie finaliste by die 2019 Agri NW Jongboer van die Jaar-toekenningsfunksie is van links na regs, Pieter Ernst, Dawie Rothmann en Janna du Rand. Dawie Rothmann het met die louere weggestap. Wenner van die 2019 Agri NW Jongboer-toekenning!  Deur Julian Soutter Senwes Graduandi D ie Senwes geborgde 2019 Agri NW toekennings het aan alle verwagtinge voldoen en Dawie Rothmann, ’n jong graan- en groenteboer in die Brits-gebied, het met die louere weggestap. Hy plant graan en groente soos koring, sojabone, beet, wortels en spinasie. Die belang­ rikste faktore agter Dawie se sukses is sy ambisie om deurlopend uit te brei en om sy produksievlakke te verhoog. Hy speel ook ’n groot rol in sy gemeenskap en dien op verskeie landboukomitees wat ten doel het om opkomende boere en plaaswer­ kers op te hef Die 2019 Jongboer van die Jaar- konferensie is op Vrydag, 12 April 2019 by die Uurpan Safari Lodge in Schweizer- Reneke gehou. Verskeie sprekers, waar- onder entrepreneur Marnus Broodryk, het deelgeneem aan die geleentheid. Hy het aspekte aangeraak wat ’n impak op alle jong Suid-Afrikaanse produsente sal hê. Onderwerpe soos verandering, inno­ vasie en entrepreneurskap is bespreek. Die inisiatief is geneem om die toene- mende aantal jong produsente in die be ­ dryf op te hef. Voedselsekuriteit is een van die belang­rikste faktore in Suid-Afrika wat die bedryf moet ondersteun. Suid-Afrika word die afgelope ses jaar al geteister deur ernstige droogtetoestande en wis- selvallige reënval, wat die landbousektor ietwat onaantreklik gemaak het vir jong entrepreneurs. Dit kan egter ’n geleentheid vir baie jong produsente daarbuite wees om die regte vaardigheid en benadering toe te pas op hul onderskeie plase. BESTANDDELE 1/4 koppie sterk sous 1/4 koppie tamatiepasta 3 eetlepels heuning 1 koppie karringmelk 1/2 klein soet ui, gerasper 6 fyngedrukte knoffelhuisies 1 eetlepel swartpeper 2 1/4 teelepels sout (deel in twee gelyke dele) 1 kg hoenderdye, sonder vel, in 5cm stukkies gesny 10 houtstokkies of metaalpenne Groentebasis oliesproei Geroosterde halwe suurlemoene Romesco-sous METODE  Roer saam in ’n groot bak warm sous, tamatiepasta en heuning tot dit glad is. Roer in karringmelk, uie, knoffel, swartpeper en sout tot gemeng.  Sit karringmelkmengsel en hoender in groot plastiek vriessak, verseël en plaas in yskas vir 3 ure.  Week intussen houtstokkies in water vir 30 minute (nie nodig vir metaalpenne).  Spuit oliesproei op braairooster. Voorverhit oond tot 350° tot 400° (medium-hoë hitte). Haal hoender uit marinade - marinade word nie weer gebruik. Ryg hoenderstukkies in op stokkies, met bietjie spasie tussen stukkies en sprinkel met sout.  Rooster sosaties, met roosterdeksel toe, vir 6 tot 8 minute aan elke kant of tot hoender gaar is. Bedien met halwe suurlemoene en Romesco-sous. SENWES SCENARIO | WINTER 2019 23