PRODUSENTFOKUS
'n Burgh tussen Burge
’n Myburgh wat boer tussen Petrusburg en Edenburg
Sy van mag dalk Myburgh wees, maar vir Senwes-produsent Johan Myburgh gaan alles
in die lewe verseker nie oor homself nie, maar eerder oor die mense rondom hom.
Deur Aubrey Kruger
Senwes Scenario Redakteur
V
ir Johan kom boerdery eerstens
met voorwaardes, en met sy
grondvaste beginsels en ver-
troue in God, bly Johan se
voete stewig vasgeanker in landbou. Hy
en sy vrou Monica boer al sedert 1970
op die plaas Kingsheath en vier soos
Senwes met 110 jaar, ook ’n groot myl-
paal vanjaar, met hulle boerdery se 50ste
bestaansjaar hier wat op hande is.
Op hierdie plaas, Kingsheath, word
Johan bygestaan deur die bekwame
Deodé Wilson, wat grotendeels die bees-
en saaiboerdery hanteer, en al 11 jaar
op die plaas werk en Rohan Coetzee,
die nuweling, wat al drie jaar hier werk
en die besproeiings- en aartappelvertak-
king hanteer, asook jarelange werkers
Boy en Nanzi, - “Ek is regtig geseën met
goeie mense wat my help.” Dit is juis sy
uitgangspunt om homself te omring met
mense wat dieselfde dink as hy. Hy glo
in personeel wat selfstandig is: “Ek is nie
daar om vir hulle te dink nie en elkeen van
24
SENWES SCENARIO | WINTER 2019
hulle het ’n geweldige trots op hulle werk
en is positiewe jong mense met visie,”
vertel hy.
In die saaiboerdery word mielies, son-
neblomme en koring verbou. Daar word
ook aartappels, mielies en weiding onder
besproeiing geplant. Hoewel hy huiwerig
is, koop hy nog steeds grond en het
die laaste 640 hektaar so onlangs as in
Januarie 2019 aangeskaf.
Hulle het swaar begin, vertel Johan
en Monica, en is verskriklik dankbaar
vir alles wat die boerdery al bereik het.
Johan noem dat die paar jaar wat hy
saam met sy pa kon boer, hy vir absoluut
niks sal verruil nie, aangesien hy daar die
grondbeginsels van landbou geleer het.
Hulle huwelik en boerdery loop ook amper
hand-aan-hand, met hulle huwelik wat al
klaar verlede jaar verby die 50-jaar kerf is.
Dié Senwes-produsent is verseker ’n
klant van Senwes soos hy sy lidnommer
uitbasuin. Senwes Equipment is ook hoog
op sy lys as jy die aantal John
Deere meganisasietoerus
ting op die plaas tel, en later
eenvoudig net tred verloor.
So, ons noem in kort net die splinternuwe
John Deere 8345 RT wat in Desember 2018
aangeskaf is en die nuutste toevoeging tot
dié stal is. Selfs die oudste trekker op die
plaas loop nog klopdisselboom, ’n 1982
John Deere 3140 wat hom destyds R12 500
gekos het. Sy eerste John Deere-trekker
was ’n 3130 en hy noem dat hy “nog nooit ’n
John Deere vir minder verkoop het as waar-
voor hy dit aangekoop het nie. Niks vergelyk
met John Deere nie, ek kyk nie eens meer
na ander nie.”
Ons gaan ry op Kingsheath in ’n
Toyota-bakkie. “Hier loop net drie dinge
op die plaas, ’n John Deere, Toyota en
Bonsmaras.” Die Bonsmara-stoet bestaan
uit sowat 70 bulle en 300 koeie. Dan word
daar boonop met ’n klomp kommersiële
Bonsmaras ook geboer. Deodé vertel dat
hulle ook op 25 September 2019 hulle
22ste veiling sedert 1996 gaan aanbied.
Hy is veral baie opgewonde oor die verskil
wat Johan en Kings Heath
Bonsmaras maak ten
opsigte van die kwaliteit
en genetika
waarin die hele