Senwes Scenario Junie / Julie 2019 | Page 10

NUUS Rekord reënval bring moed Senwes-gebied ontvang meeste reënval in April in 104 jaar – 188,7 mm “Dis reën dis wind dis water en die son kom eers weer later,” het Danie Niehaus gesing. En vir produsente in die Senwes-gebied was dit omtrent die geval die afgelope amper vier en ’n half weke van April 2019.  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur I n die tyd was die gemiddelde reënval in ons Senwes-gebied ’n massiewe 188,7 mm. Dit is die meeste reën in April in 104 jaar. Senior Graananalis by Senwes, Thys Grobbelaar, het by navraag vertel dat dit die ou rekord verpletter het. Die vorige hoogste gemid­delde reënval was 117 mm tydens die 1942/43 seisoen. Om dit in perspektief te plaas, is die langtermyn gemiddelde reënval vir April in die Senwes-gebied maar 40,5 mm. Met ander woorde, dit is meer as vier en ’n half keer die langtermyn­gemiddeld. Van die plekke binne die gebied met die meeste reënval in April was Winburg silo waar 280 mm gemeet is, Arlington silo met 275 mm asook Theunissen silo met 257 mm. Aan die ander kant van die skaal is Jan Kempdorp silo met die minste, naamlik 108 mm, asook Gottenburg silo op 113 mm en Heilbron silo met 114 mm, net onder die vorige gemiddelde reënval- rekord vir April. Die reënvoorlopers sedert die begin van die 2018/19 seisoen (1 Julie 2018 tot 30 April 2019) is Enselspruit silo met 792,5 mm, gevolg deur Raathsvlei silo met 710,6 mm en Arlington silo ’n paar druppels agter hulle met 709 mm. Onder die met die minste reënval in hierdie tydperk is Jan Kempdorp met 270,2 mm, Hartswater silo met 327,5 mm asook Petrusburg silo met 390 mm. Uit die statistiek het dit ook geblyk dat ons vanjaar 333,3% meer reën in April ont- vang het as in die ooreenstemmende tyd- perk in April 2018, en dan was die kumu- latiewe reënval vir die seisoen tot dusver 106,1% van die 33-jaar gemiddeld. Grobbelaar het verder genoem: ”Ons Reënval April 2019 in die tradisionele Senwes-gebied. 08 SENWES SCENARIO | WINTER 2019 bevind ons in een van die eienaardigste seisoene sedert daar akkuraat reënval- rekords gehou word.” Daar was nog net vier seisoene die afgelope 104 seisoene waarin die 1 Julie tot 31 Desember reën- val minder was as tydens hierdie seisoen vir dieselfde periode. Die gemiddelde reënval vir die voorseisoen vanaf 1 Julie tot 31 Desember was 232 mm. Die gemid- deld die afgelope seisoen was maar 118 mm. Die droogste voorjaar vir die periode waarvoor daar reënvalstatistiek bestaan, is 88 mm gedurende die 1945/46 seisoen. Grobbelaar het verder gesê dat ons moet onthou dat die meer oostelike dis- trikte baie na aan ’n normale reënval vir die voorseisoen gehad het. Die meer westelike distrikte se kumulatiewe reënval was in baie gevalle heelwat laer, en in ’n paar gevalle die laagste in die aange­te­ kende reënvalgeskiedenis wat ons het. Voorbeelde hiervan is Regina met slegs 56 mm, Viljoenskroon met 85 mm, Vier­ fontein met 84 mm, Bothaville met 91 mm en Odendaalsrus met 78 mm. Die meer westelike distrikte soos Bultfontein en Wesselsbron het goeie reën gedurende Augustus 2018 gehad, wat hulle voor­ seisoenreënval hoër gemaak het. Nieteenstaande die uiters droë voor- seisoen, gaan van die distrikte uitsonder- like goeie opbrengste realiseer. Wat leer ons hieruit? Dat ons net nie te vroeg moet moed opgee nie. So, reën bring nie net verligting nie, maar ook hope moed. *In die skematiese voorstelling kan die reënval vir April 2019 in die tradisionele Senwes-gebied van nader bestudeer word.