Senwes Scenario Junie / Julie 2019 | Page 11

NUUS Senwes ondersteun plaaslike produsente  Deur Kefiloe Manthata Senwes Joernalis I n Januarie 2019 het Senwes ’n uit- daging gerig aan alle Suid-Afrikaanse maatskappye om produsente te ondersteun wat negatief geraak word deur die droogte en die verlaging in die prys van rooivleis. Na aanleiding van Agri SA se oproep om “boere se probleme weg te braai”, het Senwes ’n #braai- virdieboere #braaiforthefarmers-veldtog geloods. Die sukses van die #braaiforthefarmers- veldtog het aanleiding gegee tot ’n veldtog om verbruikers in te lig oor die belangrik­ heid om plaaslike produsente te onder­ steun, veral in hierdie onsekere tye. Sedertdien word Vrydae by Senwes Die veldtog het almal se harte warmer laat klop toe Senwes 150 koppe kool, gekoop by die Thobo Trust se Itokisetseng groen- tetuinprojek, aan die Kersboomprojek se begunstigdes geskenk het. daaraan gewy om die onderneming te bevestig wat Senwes gemaak het om plaaslike gemeenskappe te ondersteun. Ons doen dit deur elke week die kalklig te laat val op ’n plaaslike kommoditeit en te wys hoe die spesifieke produk geniet kan word. Eerste in die kalklig was die gunsteling, hoender! Senwes personeel het 'n verskei­ denheid hoenderdisse geniet. Dit is gevolg deur melk en toe aartappels en dit was interessant om te leer hoeveel van hierdie kommoditeite daagliks verbruik word. Meer onlangs het ons die kollig op groente geplaas met die oproep om hierdie winter plaaslike groente te koop, gesond te bly en só produsente te help. Die doel van die veldtog is om ons te herinner aan die Senwes groep hoof uitvoerende bestuurder se woorde “of jy in landbou is of nie, die feit is dat elke enkele Suid-Afrikaner deel van die land- bouwaardeketting is - die kos en produkte wat jy daagliks verbruik, is op ’n plaas geproduseer. Dit gaan oor voedselseku- riteit.” SENWES SCENARIO | WINTER 2019 09