Senwes Scenario Junie / Julie 2019 | Page 14

NUUS Senwes geniet Nampo 2019 Soos in die begin, 53 jaar gelede, en elke jaar daarna, was Senwes weereens trots om deel te wees van Graan SA se Nampo Oesdag by Nampo Park, naby Bothaville, vanaf 14 tot 17 Mei 2019  Deur Marlon Abrahams Senwes Scenario Hoofredakteur W at dit selfs meer spesiaal gemaak het hierdie jaar, is dat Senwes sy 110de ver- jaardag op 15 Mei by die grootste agri-gebeurtenis in die Suidelike Halfrond ge­­vier het! Die geleentheid was selfs meer spesiaal toe ’n verjaardagkoek en sjampanje aan HUB Francois Strydom en die Senwes span oorhandig is deur Sentraal Suid-Afrika se “Klank van jou Lewe” OFM radiostasie. Francois het hulde gebring aan al ons belanghebbendes, veral aan u, ons gewaardeerde kliënte, vir u ondersteuning en geloof in ons maatskappy oor die jare. Ter erkenning van hierdie groot gebeurte- nis, het Senwes ’n 24-bladsy insetsel oor Senwes se geskiedenis by die Landbou Weekblad tydskrif, wat self sy 100ste bestaansjaar gevier het, laat invoeg. Baie geluk aan LBW met jul 100ste verjaardag! Terug na Nampo - Senwes is weereens deur die Grainlink-stalletjie verteenwoor- dig en die Grainlink-span was byderhand om advies te verleen en moontlike trans­ aksies te identifiseer wat verband hou met alle aspekte van graanproduksie, -opberging en -bemarking. Onthou, vir die beste geïntegreerde oplossings ten einde die meeste uit jou graanopbrengs te kry, hoef jy slegs vir Senwes Grainlink te ska- kel - ’n graanbemarker is beskikbaar om jou by te staan met enige navrae wat jy mag hê. Maak ook ’n nota dat die Grainlink-span intyds die nuutste tendense, nuus en Safex bewegings in die graanbedryf op OFM deel om ongeveer 05:45m tydens die land- bou-uur “Before Dawn”. Die Senwes Grainlink-stalletjie het elke dag ’n R1 000 Hinterland geskenkbewys weggegee aan een gelukkige wenner by Nampo en het Senwes se 110de verjaardag gevier deur 110 besoekers aan die stalletjie met 110 kolwyntjies te bederf. Senwes se kleinhandelsvennoot, Hinter­ land, was ook teenwoordig met allerlei land- bougoedere, wapens en ammunisie, wat weereens baie gewild was! DIE GESPREK MET DIE NASIE GAAN VOORT Senwes het ses jaar gelede ’n bespre- kingsplatform geïnisieer, wat by Nampo Oesdag geloods is om konstruktiewe gesprekvoering tussen belangrike belang- 14 Nick Efstathiou, OFM HUB, Francois Strydom, Senwes HUB en Danie Minnaar, Senwes Groep Voorsitter. 12 SENWES SCENARIO | WINTER 2019