Senwes Scenario Junie / Julie 2019 | Page 13

LANDBOUKUNDIG ’n Konstant homogene voer is ideaal in die voerkraal. lose nie en is ook nie ’n akkurate syfer om vesel in voere te meet nie. ADF herwin die meeste, indien nie al, die polimeriese lignien en sellulose in die voer, wat ’n mate van pektien, hemisellulose en tan- nien-proteïene en askontaminasie insluit. NDF is nie ’n ideale voedingstofenti­ teit nie aangesien die verteerbaarheid varieer met die lignienkonsentrasie en ander faktore in die voer. Die variasie in droëmateriaalverteerbaarheid van vol­ voere word hoofsaaklik aan die konsen- trasie en verteerbaarheid van die NDF in voere toegeskryf. Dit is egter net die NDF- waarde wat die veselverskille binne en tussen voere kan meet en die potensiaal het om ’n algemene stelsel van aanbeve­ lings vir alle voere te kan ontwikkel. NDF- waardes van voere kan baie betroubaar en akkuraat bepaal word. EFFEKTIWITEIT VAN VESEL Die konsep van effektiewe vesel (EF) is deur voedingkundiges ontwikkel om voere te formuleer wat die melkvetinhoud van melkkoeie kan onderhou en is nie op alle voere wat vir herkouers aangewend word, van toepassing nie. ’n Stelsel van Ruvoer Waarde Eenheid (RVU) is voorgestel wat die effektiwiteit meet waarmee voer tot die dubbele rumen- fase (drywende mat van growwe partikels op ’n dam van vloeistof met klein partikels) aanleiding gee en herkou- aktiwiteit stimuleer. Hierdie eenheid is op die chemiese ontleding van die NDF- veselinhoud asook die fisiese meting van vesellengte of patikelgrootte gebaseer.  ’n Standaard verwysingswaarde van 100, wat van die RVU afgelei is, word gebruik. Dit word gedefinieer as hipotetiese voer waar al die partikels lank genoeg is, 100% NDF bevat en volledig gebruik word om herkou te stimuleer (bv. ’n lang gras wat uit 100% NDF bestaan). Hierdie voer sal ’n sekere herkou-aktiwiteit in terme van aantal koue per kg voer stimuleer. ’n Volgende voer met ’n laer NDF-waarde en korter vesel- lengte sal minder kou-akti­witeit stimuleer. ’n Direkte verband tussen die NDF-inhoud plus lengte van vesel en herkou-aktiwiteit is gevind, wat vir elke voer bepaal kan word. Die verwysingswaarde word op ’n skaal van 0 tot 1 uitgedruk en met die totale NDF vermenigvuldig, wat die peNDF van die voer weergee. MINIMUM peNDF BEHOEFTE VIR HERKOUERS Voerkraalproduksie is ’n terminale proses wat weinig meer as 180 dae duur. Gegewe die korttermynaard van voer- kraalproduksie en die doel van maksimum produksieprestasie, sal die minimum veselbehoefte vir voerkraalbeeste bete- kenisvol laer as byvoorbeeld melkkoeie wees. Vesel het lae produktiewe energie, lae netto energie vir groei (NEg), het ’n laer energie-inhoud as konsentrate en word ook swak verteer met die lae pH in die rumen. Om hierdie rede sal ’n lae veselinsluiting in voerkraalrantsoen groei­ prestasie stimuleer. ’n Positiewe verwantskap tussen groei (GDT) en peNDF is gevind as die peNDF minder as 10% van die DM in die rant- soen is en ’n negatiewe verwantskap as die peNDF meer as 18% is. Die beste GDT is met ’n peNDF van 15.3 gekry. Daar is egter min verskil in GDT tussen 12% en 18% peNDF. Die optimum peNDF vir minimum lewerabsesse is 22%, en 25% vir maksimum voerinname. Hierdie breë aanvaarbare veselinhoud van voer met peNDF van 12 tot 18%, beteken dat formulasies van voer vir verskillende doel­ eindes aangepas kan word en steeds aan die minimum vereistes van peNDF vir voerkraalproduksie voldoen kan word. ’n Konstant homegene voer is ideaal in die voerkraal. Die variasie in partikel­ grootte, effektiewe vermenging en voerseleksie deur diere maak dit moeilik en selfs onmoontlik om voer wat konsen­traat en grof gemaalde ruvoer bevat, homogeen te vermeng – veral as die voer droog is. Daar is ’n geneigdheid om die partikel­ grootte van ruvoere kleiner te maak om die hanteerbaarheid, vermenging en lewering van voer in die bakke homegeen en kon- stant te hou. In so geval moet die peNDF van die voer aangepas word om die effek- tiwiteit van die vesel korrek toe te pas. GEVOLTREKKING EN AANBEVELINGS Beide die chemiese en fisiese eienskappe van die voer sal die produksieprestasie van die dier in die voerkraal bepaal. Die gebruik van peNDF neem beide die chemiese en fisiese aard van vesel in ag wat die herkou-aktiwiteit sowel as rumen- funksie beïnvloed. Die kou-aktiwiteit is wel belang­rik om speekselbuffers af te skei wat die pH in die rumen beheer, maar dit is ook ‘n aanduiding van die rumen se fisiese omgewing wat optimale rumenfer- mentasie en produksie bepaal. Om die produktiwiteit van produksiestelsels vir beeste te verbeter. Adviesdiens vir herkouervoeding Voerprosessering, voedingsbestuur en formulering van voere vir volhoubare produksieprestasie Formuleer en verskaf konsentrate om formulasies te komplimenteer Dr. Kobus Swart 083 262 0946 • [email protected] SENWES SCENARIO | WINTER 2019 11