Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 39

Grasland50

NUUS •••
•••••••
GRASLAND SE 50-JAAR VIERINGE HET BY NASIE IN GESPREK BY DIE NAMPO OESDAG 2017 AFGESKOP .

Grasland , ’ n leier in die produksie van landbou kalk , vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar . Verskeie vieringe sal gehou word , wat ’ n hoogtepunt in November bereik , die maatskappy se verjaardagmaand . Besturende direkteur , Etienne Schoeman , het die vieringe afgeskop tydens ’ n spesiale geslote sessie van Nasie in Gesprek , wat by die Nampo Oesdag in Bothaville opgeneem is .

Nasie in Gesprek aanbieder , Theo Vorster , was die gasheer van ’ n paneel met Etienne Schoeman , hoof uitvoerende beampte van Fertasa ( Fertiliser Association of Southern Africa ), Dr Pieter Haumann en Martiens du Plessis van NWK Landboubestuursdienste
Etienne het aangekondig dat die maatskappy verskeie aktiwi teite en geleenthede gedurende die jaar aanbied om hul halfeeu te vier en dat die opname met eksklusiewe belanghebbendes en klante gedeel sal word .
Etienne het afgeskop dat die hoofrede vir die bestaan van die maatskappy is om grondsuurheid aan te spreek . “ Grondsuurheid is ’ n groot probleem ; daar is bewys dat dit een van die grootste enkele redes vir laer oesopbrengste is .”
Pieter het bygevoeg dat grondversuring ’ n natuurlike proses is wat as gevolg van die verdunning en afloop van kalsium en magnesium weens reën voorkom . Die byvoeging van bemesting , wat nitrate vorm , affekteer ook grondsuurvlakke . Om dié situasie reg te stel , moet kalk konstant tot die grond toegedien word .
Pieter sê die maatskappy moet geregisteer wees om kalk te myn en te verskaf . “ Die be dryf is gereguleer . Om effektief te wees , moet die kalk van ’ n spesifieke kwaliteit wees .”
Etienne wys daarop Grasland hul eie hulpbronne besit . “ Ons het geen afnemer ooreenkomste - ons bedryf ons besigheid met geldige lisensies en moet voldoen aan die Gesondheid en Veiligheidswetgewing in Myne sowel as alle wetgewing wat van toepassing op die mynbedryf is , soos die MPRDA .”
Martiens sê dat die gebrek aan kalktoedienings ’ n verswakking van grondgesondheid het . “ Die situasie vererger omdat die produsent onder finansiële druk is en die aankoop van kalk nie hoog op sy insetverskaffingslyste is .”
Etienne noem dat die toediening van landboukalk een maal elke drie jaar moet plaaasvind . “ Daar is bewys dat beter opbrengste die gevolg is van algemene verbetering wat kalk bied , dit beteken dat die proses homself binne die eerste jaar na toediening terugbetaal .”
Die gesprek het op ’ n uiters tegniese en wetenskaplike vlak voortgeduur . Daar is konsensus bereik dat landboukalk ’ n uiters
Grasland vier 50 jaar by Nampo Oesdag 2017 ! Grasland besturende direkteur , Etienne Schoeman , was deel van die paneelbespreking tydens die 50 jaar vieringe met Esmond Coen ( Grasland Bemarker – Produkbestuurder ) wat die gehoor verwelkom het .
belangrike faktor is vir die produksie van hoër opbrengste . Dr Haumann het die sessie afgesluit met ’ n bondige voorlegging van die Fertasa Handboek wat , volgens die Fertasa webtuiste , " hoofsaaklik geskryf is vir persone wat op een of ander wyse betrokke is in die kunsmisbedryf in ’ n adviserende hoedanigheid . Die bedoeling is nie dat die boek ' n volledige tegniese handboek is , maar eerder ’ n beknopte handboek wat ' n wye reeks onderwerpe dek . Boere en studente wat belang stel sal vind dat dit ’ n nuttige gids is . Dit word ook as deel van die landboukurrikulum voorgeskryf by sekere Technikons en Universiteite in Suid-Afrika .”
Die boek kan op die Fertasa webtuiste , www . fertasa . co . za , be ­ stel word .
SENWES Scenario • JUN / JUL 2017 37