Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 40

••••
HANDELSNUUS PROMOSIE-ARTIKEL

Samesmelting en Skenkingbelasting

BOEDELBEPLANNING KAN ' N EENVOUDIGE OEFENING WEES , INDIEN EERSSTERWENDE GADE SY HELE BOEDEL AAN DIE LANGSLEWENDE BEMAAK , OF MEER KOMPLEKS , VERAL BY DIE BOERDERY- GEMEENSKAP .
LUCAS COETSEE LIBERTY REGSPESIALIS

In sulke gevalle kan jy ’ n testament kry waarvolgens gades , getroud in gemeenskap van goedere , hul boedels of ’ n deel van hul boedels “ saamsmelt ”. Hier moet mens verstaan wat “ samesmelting ” beteken en wat die praktiese en belastinggevolge hiervan is . bruik , fidusiêre belang , annuïteit of enige ander beperkte reg wees . So ’ n saamgesmelte boedel word gevorm uit die afsonderlike boedels van ’ n afgestorwe persoon en ' n persoon wat nog lewe , deur voorsiening te maak vir die samesmelting in hul gesamentlike testament . Wanneer afsterwe plaasvind :

• Moet die oorlewende kies of hy die voordele aanvaar waarop hy geregtig is ingevolge die gesamentlike testament ;
• en of hy eienaarskap van sy aandeel in die saamgesmelte eiendom opgee .
Indien die oorlewende gade besluit om nie hierdie voordele te aanvaar nie , sal hy eienaarskap en beheer van sy eie boedel behou , waar samesmelting nie sal plaasvind nie .
Die oorlewende sal ’ n keuse hê om te voldoen aan die samesmeltingsinstruksie van die gesamentlike testament , of om dit te weier .
Indien die oorlewende kies om die effek van die samesmelting wat deur die gesamentlike testament geskep is , te weier , sal die boedel van die eerssterwende party volgens die gesamentlike testament ( sover moontlik ) afgehandel word sonder om die bates van die oorlewende in ag te neem .
Voorbeeld van ’ n “ samesmeltingklousule ” in ' n testament .
SPESIALE BEMAKING “ Ons bepaal vir doeleindes van hierdie bemaking , dat ons gemeenskaplike boedel saam­
WAT IS SAMESMELTING ? Die aparte boedels van gades word saamgesmelt en gekonsolideer in een boedel by die dood van eerssterwende gade . Dit beteken dat enige twee persone onder ’ n gesamentlike testament hul afsonderlike boedels of sommige van hulle bates kan saamsmelt .
Indien kliënte samesmelting as deel van hul boedelbeplanning wil inkorporeer , moet dit in die boedel en in terme van die gesamentlike testament bepaal word .
Die oorlewende kry gewoonlik ’ n voordeel in die vorm van ’ n beperkte reg of ’ n lewensreg van die saamgesmelte boedel . Beperkte reg kan in die vorm van ’ n vruggegesmelt word en as geheel gehanteer word . Ons bemaak ons Karoo plaaseiendom met al die vee in gelyke dele aan die Testatrise se seuns A en B , onderhewig aan die lewenslange vruggebruik van die oorlewende van ons en vry van die verpligting om enige sekuriteit te verskaf .”
Kom ons kyk na hierdie voorbeeld :
• Peter en Britney is getroud in gemeenskap van goedere ;
• Hulle het hul gesamentlike boedel saamgesmelt in terme van hul gesamentlike testament , met die plaas wat op hul kinders oorgaan , onderhewig aan die oorlewende wat vruggebruik oor die genoemde eiendom het ;
• Peter sterf eerste ;
• Britney aanvaar die bepalings van die testament .
’ n Mens moet verstaan dat Britney haar een helfte van die gemeenskap like boedel vervreem en in ruil vergoeding kry danksy vruggebruik oor die eiendom . Indien die waarde van die vruggebruik minder is as haar een helfte van die gemeenskaplike boedel , sal die bedrag wat die waarde van die vruggebruik oorskry , ’ n geagte skenking wees ingevolge artikel 58 van die Inkomstebelastingwet .
Komplekse finansiële planne lei meer dikwels tot negatiewe belastingimplikasies en gevolge vir familielede . Dit berus by jou finansiële raadgewer om met ander gekwalifiseerdes ’ n plan op te stel wat jou behoeftes aanspreek , met minimum ontwrigting .
38
JUN / JUL 2017 • SENWES Scenario