Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 31

N UUS ••• Jong boere MOET VOORBEREI WORD VIR GRONDHERVORMING DIE VRYSTAAT LANDBOU JONGBOERKONFERENSIE IS IN APRIL BY DIE EMOYA LANDGOED IN BLOEMFONTEIN GEHOU. DIE KONFERENSIEPROGRAM HET ‘N PANEELBESPREKING INGESLUIT WAT GEFASILITEER IS DEUR THEO VORSTER. AGRI-BEDRYFSLEIERS BOEBOE LOUW, DAN KRIEK, DANIE MINNAAR, DANIE SLABBERT, JAN SCHEEPERS EN HENDRI JANSE VAN RENSBURG HET BYDRAES GELEWER. NICOLIZE VAN DER WALT S enwes se Voorsitter, Danie Minnaar, het gesê hy is positief dat landbouleiers wel ‘n politieke oplossing sal vind. Volgens hom moet daar saamgewerk word en strukture moet in plek gestel word waardeur nuwe boere kan oorleef. Grond moet nie sonder opleiding oorgegee word nie – dit sal die nuwe boere vernietig. Volhoubare modelle moet geskep word en die regering moet by die proses betrek word om insette te lewer. Danie het die jongboere daarop gewys dat hulle die implikasies van grondhervorming sal moet hanteer. Die wyse waarop die risiko tans bestuur word, die aanpassings wat gemaak word en die planne wat reeds in plek gestel is, is bespreek. Dan Kriek, President van Vrystaat Landbou, het genoem dat jongboere nie die groter prentjie uit die oog moet verloor nie; dat daar ‘n agri-sektor