Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 32

••• NUUS “ DAAR IS SOVEEL ELEKTRONIESE INLIGTING BESKIKBAAR, SOWEL AS TOEPASSINGSELEKTRONIKA. EENVOUDIGE DINGE SOOS OUTOMATIESE BESPROEIINGSTELSELS KAN ‘N ENORME VERSKIL MAAK; ELKE SENT WAT OP PRESISIEBOERDERY BESTEE WORD, SAL TWEE-, SELFS DRIEVOUDIG TERUGGEWEN WORD. met mense wat nuwe idees en denke kan stimuleer. In al die foto’s rondom grondhervorming in die media verskyn ouer boere, maar dit sal die jonger boere wees wat die meeste daardeur geraak sal word. Om hierdie rede moet almal betrokke wees. Jan Scheepers, ook ‘n vorige Boer-van-die-Jaar wenner, het boere gemotiveer om positief te bly. Alhoewel daar in die media uitlatings gemaak word in hoë kringe wat vrese kan aanwakker, sal dit nie noodwendig ‘n werklikheid word nie. “Ek verkies om positief te bly. Ses weke van sonskyn het oor die afgelope ses jaar my boerderybesigheid meer goed gedoen as politiek!” 30 ” Volgens Boeboe Louw, nog ‘n vorige Jongboer-van-die-Jaar wenner, het dit tyd geword om aan te beweeg. Hy is van mening dat grondhervorming in ‘n positiewe lig gesien moet word. Finansiering is beskikbaar as ons swart bemagtiging in ons besigheid inbring. TEGNOLOGIE MOET AANVAAR WORD ‘n Verdere onderwerp wat bespreek is, was die rol van tegnologie in boerdery. Danie Minnaar het gesê dat presisieboerdery ‘n spelverandering kan meebring. Nuwe tegnologie moet opgevolg en geïntegreer word sodat dit vir die boer kan June/July 2015 • SENWES Scenario werk. Hy het daarop gewys dat hy byvoorbeeld nie kan dink hoe ‘n mens voorheen sonder die gebruik van selfone gefunksioneer het nie. Daar is soveel elektroniese inligting beskikbaar, sowel as toepassingselektronika. Eenvoudige dinge soos outomatiese besproeiingstelsels kan ‘n enorme verskil maak; elke sent wat op presisieboerdery bestee word, sal twee-, selfs drievoudig teruggewen word. Danie Slabbert het bygevoeg dat tegnologie in sy besigheid ‘n massiewe rol speel; van Safex tot grondvoorbereiding. Hendri Janse van Rensburg, ook ‘n vorige Jongboer-van-dieJaar wenner, het verduidelik hoe hy, danksy presisieboerdery, byvoorbeeld noukeurig kan bepaal hoeveel kalk om toe te dien: nie te veel nie en ook nie te min nie. Die fisiese plant en die grond se welsyn is nou verweef en dus moet die grond behoorlik voorberei word. Tegnologie moet aanvaar word ten einde op die navorsing en ontwikkeling wat deur saadmaatskappye gedoen word te kan kapitaliseer sodat opbrengste verhoog kan word.”