Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 30

••• RUBR I E K dense, selfs tersiêre tendense, soos voorgestel deur blok B. Sekondêre tendense is gewoonlik kortertermynregstellings tot die primêre tendens, wat eers ‘n ommekeer sal bereik indien ondersteuningslyn A na onder gesny word deur die prysbeweging. Grafiek 2: Voorstelling van Sywaarts Prystendens BRON: SAAMGESTEL DEUR OUTEUR Grafiek 3: Primêre en Sekondêre Tendense tans beweeg. Hierdie indikatore kan egter nie aandui of die mark primêr “trending” (“trading”) en sekondêr “trading” (“trending”) is nie, aangesien tendense hoofsaaklik bestaan uit ‘n primêre tendens en sekondêre tendense (hetsy op- BRON: SAAMGESTEL DEUR OUTEUR waarts, afwaarts of sywaarts). Dié konsep word grafies voorgestel in Grafiek 3. Lyn A stel ‘n primêre tendens voor, wat dan ook gewoonlik ‘n langertermyntendens voorstel. Benewens die primêre tendens bestaan sekondêre ten- SLOT Deur slegs ‘n redelike begrip te hê van die bostaande inligting, is u reeds ‘n stappie voor die res. Dit is wel uiters voordelig om tegniese analise met fundamentele analise te kombineer om sodoende die beste moontlike besluit te kan maak, aangesien ‘n breek deur ‘n langertermynondersteuningslyn gewoonlik gekoppel kan word aan fundamentele vraag- en aanbodfaktore wat verander. Die beskrywing en die werking van spesifieke tegniese indikatore wat in verskeie markomstandighede meer akkurate koop- en verkoopseine genereer, sal in die komende artikels bespreek word. Vir meer inligting of om kompeterende opsiepryse op ‘n groot verskeidenheid kommoditeite te bekom, skakel gerus vir Susari Geldenhuys by 018 464 7430 of 072 116 9999 of e-pos haar by [email protected]. Susari is ‘n opsieskrywer by Senwes. Sy het ‘n B.Com (Hons.) en M.Com-graad in Risikobestuur en ‘n B.Sc-graad in Bedryfswiskunde en Informatika by NWU in Potchefstroom verwerf. Sy het ook tydens ‘n beursprogram Afgeleide Instrumente, by die VU (Vrije Universiteit) in Amsterdam studeer. Die Pretoriagebore Susari, wat in Upington geskool is, praat oor opsies en tegniese analise. 28 Feb/Mrt 2016 • SENWES Scenario