Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 29

R UB R IE K ••• SUSARI GELDENHUYS SAFEX SCENARIO’S MET SUSARI Mark verdiskonteer alle inligting DIE SUID-AFRIKAANSE SOMERREËN VALGEBIED WAS DIE AFGELOPE SEISOEN VASGEVANG IN EEN VAN DIE ERGSTE DROOGTES SEDERT DIE 1991/92 SEISOEN. INLEIDING Sommige analiste meen selfs dat die droë toestande vergelyk kan word met dié van 1972/73. Produsente soek na uitkoms en word dus genoop om alternatiewe bronne van inkomste te ondersoek. Verskeie geleenthede bestaan op SAFEX, maar in die heersende volatiele markomgewing is dit relatief moeilik om ’n goeie beleggingsbesluit te maak. Daar bestaan egter twee algemene hulpmiddels in die vorm van fundamentele analise en tegniese analise wat sal bydra tot ’n hoër waarskynlikheid van sukses wanneer so ’n beleggingsbesluit oorweeg word. Fundamentele analise behels die ontleding van makro-ekonomiese inligting en die effek daarvan op markpryse en is reeds in ’n vorige artikel bespreek. Tegniese analise daarteenoor, behels die ontleding van die gedrag van markdeelnemers of meer spesifiek die verandering in pryse as gevolg van die reaksie van markdeelnemers op nuwe inligting. Hierdie gedrag word in pryse vervat en deur middel van grafieke gekwantifiseer deur gebruik te maak van ’n verskeidenheid tegnieke en indikatore in ’n poging om koop- en verkoopsgeleenthede te identifiseer. Hierdie artikel fokus op die tegniese aspekte. Aannames Geskiedenis herhaal Tendense bestaan Grafiek 1: Basiese Aannames van Tegnies Analise. BRON: SAAMGESTEL DEUR OUTEUR TEGNIESE ANALISE 1. Definisie Tegniese analiste benut die vermoë om die gedrag van markdeelnemers – selfs die sielkundige faktore wat die mark beïnvloed – vas te vang. Die aanname word gemaak dat al die onderliggende fundamentele faktore en menslike massa sielkundige invloede of marksentiment wat die markprys beïnvloed, reeds in prysbewegings vervat word. Dit maak die analisering van die mark aansienlik makliker aangesien slegs die markbeweging in ag geneem word en nie die rede vir die beweging nie. Verhandelingsgeleenthede kan maklik en vinnig herken en uitgevoer word, wat aan analiste die geleentheid bied om intyds beleggingsbesluite te neem. 2. Fundamentele aannames Die basiese aannames van tegniese analiste word grafies uitgebeeld in Grafiek 1. Die eerste aanname meld dat die mark alle inligting verdiskonteer; meer spesifiek dat al die onderliggende faktore wat die prys affekteer, in die prys gereflekteer word. Die tweede aanname meen dat pryse in ten [