•••
RUBR I E K
dense, selfs tersiêre tendense, soos
voorgestel deur blok B. Sekondêre
tendense is gewoonlik kortertermynregstellings tot die primêre
tendens, wat eers ‘n ommekeer sal
bereik indien ondersteuningslyn
A na onder gesny word deur die
prysbeweging.
Grafiek 2: Voorstelling van Sywaarts Prystendens BRON: SAAMGESTEL DEUR OUTEUR
Grafiek 3: Primêre en Sekondêre Tendense
tans beweeg. Hierdie indikatore
kan egter nie aandui of die mark
primêr “trending” (“trading”) en
sekondêr “trading” (“trending”) is
nie, aangesien tendense hoofsaaklik bestaan uit ‘n primêre tendens
en sekondêre tendense (hetsy op-
BRON: SAAMGESTEL DEUR OUTEUR
waarts, afwaarts of sywaarts). Dié
konsep word grafies voorgestel in
Grafiek 3. Lyn A stel ‘n primêre
tendens voor, wat dan ook gewoonlik ‘n langertermyntendens
voorstel. Benewens die primêre
tendens bestaan sekondêre ten-
SLOT
Deur slegs ‘n redelike begrip te hê
van die bostaande inligting, is u
reeds ‘n stappie voor die res. Dit
is wel uiters voordelig om tegniese
analise met fundamentele analise
te kombineer om sodoende die
beste moontlike besluit te kan
maak, aangesien ‘n breek deur ‘n
langertermynondersteuningslyn
gewoonlik gekoppel kan word aan
fundamentele vraag- en aanbodfaktore wat verander. Die beskrywing en die werking van spesifieke
tegniese indikatore wat in verskeie
markomstandighede meer akkurate koop- en verkoopseine genereer, sal in die komende artikels
bespreek word.
Vir meer inligting of om
kompeterende opsiepryse
op ‘n groot verskeidenheid kommoditeite te bekom, skakel gerus
vir Susari Geldenhuys by 018 464
7430 of 072 116 9999 of e-pos
haar by [email protected].
Susari is ‘n opsieskrywer by Senwes. Sy het ‘n B.Com (Hons.) en
M.Com-graad in Risikobestuur en ‘n B.Sc-graad in
Bedryfswiskunde en Informatika
by NWU in Potchefstroom verwerf. Sy het ook tydens ‘n beursprogram Afgeleide Instrumente,
by die VU (Vrije Universiteit) in
Amsterdam studeer. Die Pretoriagebore Susari, wat in Upington
geskool is, praat oor opsies en tegniese analise.
28
Feb/Mrt 2016 • SENWES Scenario