Senwes Scenario Februarie / Maart 2015 | Page 34

••• G RA AN - AR TI K E L die ontwikkel is in Suid Afrika, Dit is veral die Westelike gedeelte van die somerreënvalgebied wat die ergste ly onder die droogte. Weervoorspellingsdienste het wel ‘n El Nino tipe seisoen voorspel. Ons weet uit ondervinding dat ‘n El Nino tipe seisoen gewoonlik gepaard gaan met onder gemiddelde reënval. Wat vanjaar die effek vererger het , is die vyf tropiese storms of siklone wat in die Indiese oseaan voorgekom het. Die El Nino stelsels “steel “ sogenaamd vog uit die onmiddellike omgewing wat onder andere Suid Afrika se reënval beïnvloed. Met die skryf van die artikel het groot gedeeltes van die Noordwes, Vrystaat en Westelike gedeelte van die Noordwes provinsie reeds groot gewasskade weens die droogte gelei. Die gevolg was dat die Safex prys van mielies ewe skielik begin styg het met amper 20 %. Daar is tans ‘n $38 premie op Amerikaanse 32 witmielies wat dit in Rand terme amper R430 duurder as Amerikaanse geelmielies maak. Die vraag is, hoe lank gaan die droogte aan hou. Die meeste weervoorspellingsdienste dui nie wesentlike reën vir Februarie aan nie. Sou dit voortduur kan die Mpumalanga, Oostelike Vrystaat asook die Oostelike gedeelte van Noordwes, wat tans oor ‘n baie goeie potensiaal gewas beskik ook negatief raak. Die witmielieprys kan nog redelik styg sou die droogte voortduur maar die geelmielieprys word beperk tot die invoerpariteit van Swartsee geelmielies wat aan die Kaap gelewer word. Die berekende invoerpariteit van Amerikaanse witmielies is in die omgewing van R3300 per ton gelewer te Randfontein gedurende Julie 2015. Dit is nie onmoontlik dat die wit mielieprys tot 85 % van die berekende invoerpariteit kan beweeg sou dit nie die volgende Februarie/Maart 2015 • SENWES Scenario week reën nie. Die FOB waardes van Swartsee mielies is in die omgewing van $150 tot $155 per ton. Op hierdie stadium kan Swartsee geelmielies goedkoper in die Suid Kaap gelewer as Suid Afrikaanse geelmielies wat van die binneland na die Suid Kaap aan gery moet word. Invoere word reeds oorweeg. Wat die kwantifisering van die huidige somer oes bemoeilik is die groot variasie wat selfs binne landdrosdistrikte voorkom. In die westelike gedeelte van die Viljoenskroondistrik het van die mielies reeds verdroog terwyl in die Noordoostelike gedeelte van die distrik kom mielies voor wat geen stremming toon nie en oor ‘n uitsonderlike opbrengspotensiaal beskik. Die reën het hierdie seisoen in donderbuie voorgekom en het dit uiters variëren