HA N D E L SN UUS
•••
Die ru-olieprys het vir amper 3 en ‘n halwe jaar redelik stabiel in die omgewing van $110 per vat verhandel.
Die meeste sagte
kommoditeite se FOB-pryse
word in $ per ton gekwoteer
en het ‘n sterker Dollar
‘n negatiewe effek op die
internasionale prys van die
kommoditeit. Die dollar het
18 % versterk teenoor die
Euro die afgelope 6 maande.
In kort: ‘n Sterker Dollar maak
kommoditeite internasionaal
duurder. Bostaande grafiek
dui die versterking van die
Dollar teenoor die Euro.
Die Europese Unie het die
grootste ekonomie in die
wêreld en was tot onlangs
Suid Afrika se grootste
handelsvennoot. Die Rand
aan die anderkant het ook
verswak teenoor die $ wat
ons kommoditeitpryse wel
aan die ander kant ondersteun.
Die Suid Afrikaanse mielieprys
het ook die seisoenale tendens
redelik getrou gevolg hierdie
seisoen. Teen die helfte van
Desember 2014 het die prys
teruggesak op grond van die
daling in die Amerikaanse
prys. Teen die helfte van
Januarie 2015 kom die mark
agter dat daar ‘n droogte aan
SENWES Scenario • Februarie/Maart 2015
31