Senwes Scenario Februarie / Maart 2015 | Page 14

••• KO L L I G HERMAN EN SY VROU RÉLYNE OOR POLITIEK Hoewel die politieke geluide rondom grondhervorming en grond-plafonne nie altyd mooi op die oor val nie, is sy opinie dat daar duidelike onderskeid getref moet word tussen populistiese politiek (dit wat die gehoor van die regerende party wil hoor) en die realiteit. Hy is geensins ‘n voorstaander van volstruispolitiek nie, maar hy glo nugter denke speel tog ‘n rol. Hy beveel produsente aan om by georganiseerde landbou betrokke te raak en konstruktief deel te neem aan gesprekke hieroor. Sodra landbou as bedryf in sy geheel gesien word (met vervoer, verpakking, vervaardiging ens. ingesluit) maak dit volgens sy berekeninge sowat 28% van die BBP uit. “Landbou maak saak... en die regerende party besef negatiewe beleid sal ‘n negatiewe uitwerking op werksgeleenthede, welvaartskepping, industrie, vervoer en heel belangrik, voedselsekuriteit hê. Kommersiële boere het dus baie voordele om 12 Februarie/Maart 2015 • SENWES Scenario