Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 54

RUBRIEK | COLUMN IN THE KITCHEN | IN DIE KOMBUIS Melktertpannekoek met kersiesous Kos vir die siel Twyfelmense kan die wêreld verander O Milanie Vosloo ns almal gaan deur tye van sterk geloof en vertroue, net om weer daarna te beleef hoe twyfel die oorhand in ons kry. Tye wanneer ons wonder of God hoor, of Hy regtig verstaan wat in mý lewe gebeur en of Hy enigsins nog belangstel om deel te wees van my lewe. As jy so ’n twyfelmens is, is jy nie alleen nie. Toe die Here Gideon (Rigters 6) gaan roep het om die volk te bevry, was hy juis op die vloer van ’n parskuip besig om koring uit te slaan omdat hy bang was vir die Midianiete. Wanneer die Engel van die Here daar met hom kom praat, glo hy ook nie dadelik nie. Hy vra ’n teken om seker te maak dis darem nou régtig God wat hier praat. En selfs nadat God ’n wonderwerk laat gebeur, twyfel hy steeds. Hy vra weer: “As dit regtig so is soos U gesê het... wys dit tog vir my. Ek sal vannag ’n stuk wol op die dorsvloer los. As daar dou op die wol kom, maar die grond rondom bly droog, sal ek weet U wil my gebruik...” God laat dit so gebeur, maar wéér vra Gideon: “Moenie ongeduldig met my word nie. Kan ek nog net een keer vra. Laat die wol die keer droog wees, terwyl die grond rondom vol dou is.” En ons weet mos: God het dit ook daardie nag so laat gebeur. Die res van die Gideon-verhaal vertel hoe God deur een mens wat twyfel, maar tóg doen wat God vra, sy volk deur won- derwerke bevry. God werk nie noodwendig net met die dapperes en rotsvaste gelowiges nie. Hy werk met en deur my en jou: Mense wat swak voel, maar tog doen. Gelowiges wat soms ook wonder, maar tog bly vertrou. Leiers wat ook maar bang is, maar saam met God die stryd aandurf, die regte pad loop, die waarheid leef ... en so ’n verskil maak aan die wêreld. God is ’n God van twyfelmense. Juis omdat Sy krag dan deur hulle kan werk. Omdat Hy dan kan wys dat Hy – sonder wapentuig – mense kan verander. Van die wêreld ’n beter plek kan maak. Here, ek sit ook dikwels my velletjies uit omdat ek twyfel. Dankie dat U dan nie met my ongeduldig raak nie, maar my keer op keer wys dat U God is. My God, ons God, Suid-Afrika se Vader wil wees. Wen met Senwes en Cum Uitgewers Hoop wat kaalvoet loop is in Augustus 2016 uitgereik en is teen R179.95 op die rakke. Een gelukkige leser kan ’n kopie wen van Hoop wat kaalvoet loop, 101 dagstukke vol hoop en inspirasie wat jou siel sal verkwik. SMS Senwes, Cum, jou naam, telefoonnom- mer en e-posadres na 31022 voor 24 Februarie 2020. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie. Vir die volledige kompe­tisiereëls, besoek die webtuiste www.senwes.co.za. 52 SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020 DIS KERSTYD EN REËNTYD en wat is nou beter as panne­ koek gedurende die tyd. Hierdie resep is deur Arina du Plessis geplaas na sy Gerrit en Gwynet Higgo se kersieplaas, Constantia, by Clocolan besoek het. BESTANDDELE Kersiesous 500 ml ontpitte kersies 250 ml suiker 250 ml water 15 ml vlapoeier Koue water 1 ml vanieljegeursel Melktertvulsel 1 liter melk 30 ml botter 1 kaneelstokkie 75 ml mielieblom 75 ml koekmeel 125 ml koue melk 3 ekstra groot eiers 200 ml suiker 5 ml vanieljegeursel 12-16 vars gebakte pannekoeke METODE Kersiesous:  Verhit die kersies, suiker en water stadig saam tot kookpunt. Prut vir ongeveer 20 minute, maar moenie die kersies te lank kook sodat dit pap word nie.  Maak die vlapoeier met ’n bietjie koue water aan en roer dit by die sous. Prut tot verdik en deurgekook. Verwyder van die hitte en roer die vanieljegeursel by. Melktertvulsel:  Verhit die melk, botter en kaneelstokkie in ’n kastrol tot kook- punt. Meng die mielieblom, meel en koue melk saam tot glad. Voeg ’n bietjie van die warm melkmengsel by die mie- lieblommengsel en roer tot glad. Giet dan alles terug in die kastrol by die res van die melk en verhit, terwyl geroer word, tot kookpunt.  Prut vir 1 minuut, terwyl aanhoudend geroer word. Klits die eiers en suiker saam en voeg dit in ’n dun straaltjie by die melktertpap terwyl aanhoudend geroer word. Prut, terwyl jy roer, tot verdik en gaar. Verwyder van die hitte en roer die vanieljegeursel by. Vul die pannekoek met die melktertvulsel en vou dit toe. Skep ‘n ruim lepel van die kersiesous oor en sit voor. Lewer 6-8 porsies. Bron: Gerrit en Gwynet Higgo se topverkoper in Constantiapadstal