Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 53
GARDENING | TUIN
Feestyd is tuintyd
Dit is weer feestyd en daar is niks lekkerder as om saam met
vriende en familie in ’n pragtige tuin te kuier nie.
Elize Botha
Agricol: Tuinboukundige
O
m te verseker dat jou grasperk
lowergroen is, kan jy genoeg
kunsmis gee en daarna goed
natmaak. Om jou tuin af te rond voor die
mense kom, kan jy bietjie ekstra kleur
gee deur ’n paar blomplantjies te plant.
Allysums en Afrikaners is van die vele
blomme wat mal is oor volson en uitste
kend sal vaar in die skroeiende Desember
en Januarie hitte.
Desember is een van die wonderlikste
maande waar meeste slaaikomponente
oesbaar is. Wat is dan nou lekkerder as
’n slaai, vars uit jou eie tuin? Tamaties,
blaarslaai, komkommer, seldery, botter-
skorsies, spinasie, wortels, soetmielies
en vele meer is nou oesgereed. Vir die
soettand is daar waatlemoen, spanspek
en aarbeie ook te oes.
Om jou Kersete op te kikker, is die vol-
gende kruie tot jou beskikking: roosmaryn
– vir wonderlike geur aan skaapvleis, tie-
mie – ideaal saam met hoendergeregte en
roket - wonderlik saam met enige oorskiet-
vleis op ’n toebroodjie.
Wees in Desember en Januarie op
jou hoede vir rooispinmyt. Indien dit nie
vroegtydig beheer word nie, kan dit ’n
baie groot probleem raak. Rooispinmyt
floreer in warm, droë toestande. Die
blare sal ronde geel vlekke toon en later
vergeel en afval.
In Januarie is dit tyd om weer nuut te
begin, vernuwe moeë eenjarige plante
soos petunias en allysums deur hulle ’n
bietjie terug te snoei en blaarvoeding en
kompos te gee. Dit sal nuwe groei stimu-
leer.
Januarie en Februarie is ook ’n goeie
tyd om semi-hardehoutsteggies te neem
van plante soos daisy-bosse en laventel.
Kies aktiefgroeiende lote, wat nie blomme
dra nie. Sny ’n 5 tot 10 cm steggie net
onder die node. Verwyder die onderste
blare en bewortel die steggie in ’n houer
met vry-dreinerende, sanderige grond.
Jy kan jou rose ’n ligte somersnoei gee
en ’n handvol kunsmis rondom elke bos
strooi. Onthou weereens om goed nat te
maak nadat die kunsmis gestrooi is.
In warm somermaande soos Desember
tot Februarie, kan daar nooit genoeg klem
gelê word op waterbesparing nie. Gee
eerder vroegoggend of laatmiddag water
om verdamping te verminder. Maak ook
seker jou beddings het ’n goeie deklaag
wat voginfiltrasie en bewaring kan ver-
beter.
As muskiete jou en jou gaste teister
wanneer julle buite braai, kan jy die vol-
gende plante plant om insekte te verjaag:
‘lemon grass’, laventel, mint en suurle
moen tiemie. Plant dit in potte wat jy kan
skuif na die area waar daar gekuier word.
Dit sal muskiete tot die minimum beperk.
Geseënde feestyd aan almal.
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020
51