Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 54
RUBRIEK | COLUMN
IN THE KITCHEN | IN DIE KOMBUIS
Melktertpannekoek
met kersiesous
Kos vir die siel
Twyfelmense kan
die wêreld verander
O
Milanie Vosloo
ns almal gaan deur tye van sterk geloof en vertroue, net
om weer daarna te beleef hoe twyfel die oorhand in ons
kry. Tye wanneer ons wonder of God hoor, of Hy regtig
verstaan wat in mý lewe gebeur en of Hy enigsins nog belangstel
om deel te wees van my lewe.
As jy so ’n twyfelmens is, is jy nie alleen nie. Toe die Here Gideon
(Rigters 6) gaan roep het om die volk te bevry, was hy juis op die
vloer van ’n parskuip besig om koring uit te slaan omdat hy bang
was vir die Midianiete. Wanneer die Engel van die Here daar met
hom kom praat, glo hy ook nie dadelik nie. Hy vra ’n teken om
seker te maak dis darem nou régtig God wat hier praat. En selfs
nadat God ’n wonderwerk laat gebeur, twyfel hy steeds. Hy vra
weer: “As dit regtig so is soos U gesê het... wys dit tog vir my.
Ek sal vannag ’n stuk wol op die dorsvloer los. As daar dou op
die wol kom, maar die grond rondom bly droog, sal ek weet U
wil my gebruik...” God laat dit so gebeur, maar wéér vra Gideon:
“Moenie ongeduldig met my word nie. Kan ek nog net een keer
vra. Laat die wol die keer droog wees, terwyl die grond rondom
vol dou is.” En ons weet mos: God het dit ook daardie nag so laat
gebeur. Die res van die Gideon-verhaal vertel hoe God deur een
mens wat twyfel, maar tóg doen wat God vra, sy volk deur won-
derwerke bevry.
God werk nie noodwendig net met die dapperes en rotsvaste
gelowiges nie. Hy werk met en deur my en jou: Mense wat swak
voel, maar tog doen. Gelowiges wat soms ook wonder, maar tog
bly vertrou. Leiers wat ook maar bang is, maar saam met God
die stryd aandurf, die regte pad loop, die waarheid leef ... en so
’n verskil maak aan die wêreld. God is ’n God van twyfelmense.
Juis omdat Sy krag dan deur hulle kan werk. Omdat Hy dan kan
wys dat Hy – sonder wapentuig – mense kan verander. Van die
wêreld ’n beter plek kan maak.
Here, ek sit ook dikwels my velletjies uit omdat ek twyfel. Dankie
dat U dan nie met my ongeduldig raak nie, maar my keer op
keer wys dat U God is. My God, ons God, Suid-Afrika se Vader
wil wees.
Wen met Senwes en Cum Uitgewers
Hoop wat kaalvoet loop is in Augustus 2016 uitgereik en is teen
R179.95 op die rakke. Een gelukkige leser kan ’n kopie wen van
Hoop wat kaalvoet loop, 101 dagstukke vol hoop en inspirasie wat
jou siel sal verkwik. SMS Senwes, Cum, jou naam, telefoonnom-
mer en e-posadres na 31022 voor 24 Februarie 2020.
Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag
deelneem nie. Vir die volledige kompetisiereëls, besoek die webtuiste
www.senwes.co.za.
52
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020
DIS KERSTYD EN REËNTYD en wat is nou beter as panne
koek gedurende die tyd. Hierdie resep is deur Arina du
Plessis geplaas na sy Gerrit en Gwynet Higgo se kersieplaas,
Constantia, by Clocolan besoek het.
BESTANDDELE
Kersiesous
500 ml ontpitte kersies
250 ml suiker
250 ml water
15 ml vlapoeier
Koue water
1 ml vanieljegeursel
Melktertvulsel
1 liter melk
30 ml botter
1 kaneelstokkie
75 ml mielieblom
75 ml koekmeel
125 ml koue melk
3 ekstra groot eiers
200 ml suiker
5 ml vanieljegeursel
12-16 vars gebakte pannekoeke
METODE
Kersiesous:
Verhit die kersies, suiker en water stadig saam tot kookpunt.
Prut vir ongeveer 20 minute, maar moenie die kersies te lank
kook sodat dit pap word nie.
Maak die vlapoeier met ’n bietjie koue water aan en roer dit
by die sous. Prut tot verdik en deurgekook. Verwyder van die
hitte en roer die vanieljegeursel by.
Melktertvulsel:
Verhit die melk, botter en kaneelstokkie in ’n kastrol tot kook-
punt. Meng die mielieblom, meel en koue melk saam tot
glad. Voeg ’n bietjie van die warm melkmengsel by die mie-
lieblommengsel en roer tot glad. Giet dan alles terug in die
kastrol by die res van die melk en verhit, terwyl geroer word,
tot kookpunt.
Prut vir 1 minuut, terwyl aanhoudend geroer word. Klits die
eiers en suiker saam en voeg dit in ’n dun straaltjie by die
melktertpap terwyl aanhoudend geroer word. Prut, terwyl jy
roer, tot verdik en gaar. Verwyder van die hitte en roer die
vanieljegeursel by. Vul die pannekoek met die melktertvulsel
en vou dit toe. Skep ‘n ruim lepel van die kersiesous oor en
sit voor. Lewer 6-8 porsies.
Bron: Gerrit en Gwynet Higgo se topverkoper in Constantiapadstal