Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 28

NUUS| NEWS Omdraaistrategie werp vrugte af Senwes Scenario het ’n draai by Corné Kruger, Senwes Hoof Finansiële Beampte, gaan maak oor wat die omdraaistrategie destyds, na die draai van die eeu, behels het, dit wat vooraf gebeur het, die impak daarvan en die lesse wat geleer is, sowel as hoe dit die pad vorentoe bepaal ’n paar dekades daarna, met 2020 en die toekoms om die draai.  Deur Aubrey Kruger Senwes Senior Joernalis KOÖPERASIEDAE KORT VOOR DIE OMSKAKELING T ot ongeveer 1996 was die des- tydse Sentraalwes Koöperasie se sake deur die Koöperasiewet gereguleer. Die lede van die koöperasie was die eienaars en heelwat vergoeding- skemas het bestaan, in terme waarvan lede vergoed is op verskeie maniere wanneer hulle met die koöperasie handel gedryf het. Die koöperasies het vanaf een basis met die mark handel gedryf en 26 kon ook hul kollektiewe bedingingsmag ge­bruik om namens hul lede insetmiddele en produkte aan te skaf en dit aan hul lede en die res van die mark beskikbaar te stel. Verder was die koöperasies ten volle geïntegreer met en aangestel as agente vir die onderskeie beheerrade van sagtekommoditeite. OMSKAKELING NA MAATSKAPPY EN DIE GEVOLG DAARVAN Met die koms van die vryemark en die ontbinding van die onderskeie kommodi­ teitsbeheerrade met hul eenkanaalbe- markingstelsel, het die agentereëling met die koöperasies verval en was dit duidelik, SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020 gegewe prysvasstelling van produkte, maar ook weens ander risiko’s, dat die koöperasiemodel vir hiérdie doeleindes uitgedien was. Koöperasies het op ’n streep hul ledebelange omgeskakel na aandele en die mark en finansiers sou hierdie omskakeling na vaste- of risiko- kapitaal positief assesseer. Gevolglik was daar heelwat aptyt van finansiers om teen hierdie balansstate te finan- sier. Om die geleentheid te benut en die kapitaal te groei, het die destydse Sentraalwes bestuur uitbreidings- en diversifikasieaksies van stapel gestuur. Senwes het ’n 64% belang in Kolosus verkry, en ook belange gevestig in onder