Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Página 10

NUUS| NEWS Senwes Equipment versterk arsenaal met Falcon Falcon Agricultural Equipment vorm sedert 1 November 2019 deel van die Senwes groep van maatskappy se insetverskaffingsdiensaanbod.  Johan Le Grange Bestuurder: Senwes Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie F alcon fokus primêr op die land- bousektor, met nisverkope in die nywerheids- en turfimple- mentmarkte. Dié maatskappy vervaardig sy eie Falcon- en Locust- implementreekse en onderdele en lewer dienste aan Suid-Afrikaanse en sub-Saha- ra landbou- en grasbaanmarkte. Die Falcon-reeks in die welbekende groen en mostert kleure sluit wentel- snyers, hooimakers, materiaalhanterings­ implemente, mulchers, grassnyers, strooi­ ers en kapploeë in. Hierdie implemente bied uistekende waarde vir geld en is gebou om die strawwe Suid-Afrikaanse toestande die hoof te bied. Die Locust- reeks is veral geskik vir kleinhoeweboere, meer prysgevoelige kopers en ontluiken­ de boere en sluit wentelsnyers en ’n roller- snyer in wat goed werk saam met ouer of minder kragtige trekkers. Falcon is die grootste vervaardiger 8 van wentelsnyers in Afrika en voer reekse in wat die plaaslikvervaardigde implemen­te komplimenteer, soos die Votex-stok­kie­ kappers uit Nederland en die Amazone- implemente uit Duitsland. Die Amazone-reeks, waarvan Falcon sedert 2005 die alleeninvoerder is, sluit onder meer strooiers, spuite, grassnyers asook grondbewerkingsimplemente in. Amazone is een van die markleiers in die wêreld en is op die voorpunt van inno- vasie en tegnologie in die landboubedryf. Deur die vennootskap met Amazone, bied Falcon die moderne produsent presisie- boerderyoplossings wat sy boerdery na die volgende vlak neem. Verder spesialiseer Falcon in kernareas van die landboumark se behoeftes en vervaardig sodoende meer modelle met meer opsies as enige ander verskaffer wanneer dit kom by Falcon-wentelsnyers en Amazone-toerusting en -strooiers. Dié maatskappy het sy deure vir besigheid in Howick, KwaZulu-Natal SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020 in 1985 geopen, waar die insetbesig­ heid se fabriek, store en kantore is. Vandag versprei Falcon produkte lands­ wyd deur ’n netwerk van meer as 350 gemagtigde handelaars, terwyl daar ook na Afrikalande soos Botswana, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Uganda, Swaziland, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe uitgevoer word. Falcon is steeds geskoei op tradi­sio-­­­ nele waardes met ’n hoë agting vir effektiewe diens­lewering en is die tipe besigheid wat seker maak dit wat hulle aanpak en doen, op die regte manier gedoen word. Die vennootskap tussen Senwes Equipment en Falcon versinnebeeld Senwes se strategie om te groei en te diversifiseer deur middel van konsolidasie en integrasie in die landbou- en voedsel- waardeketting en ontsluit nuwe markte deur die uitgebreide toerustingoplossings wat Senwes Equipment voortaan sal bied. “Ons is vas oortuig dat hierdie nuwe verbintenis met Senwes enorme poten- siaal sal ontsluit,” voeg Besturende Direkteur, Steve Thurtell by.