Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 8
NUUS| NEWS
Tema:
PRESISIEBOERDERY
5 | Senwes Toekomsfokusdag
Wyk, van ACH Boerdery wat sy insig
rakende strategie met ons gedeel het. AC
se uitgangspunt is om met die einde in
gedagte te begin en te weet waarvoor jy
die strategie formuleer sodat dit jou in die
regte rigting kan neem. “Werk ‘n strategie
uit wat handel oor waarvan jy hou, en deel
dit met jou sleutelpersoneel. Ons verwaar-
loos te veel kere wat prioriteit is en fokus
op die krisisse. Dink eerder analities,
ontleed die situasie en prioritiseer. Jou
strategie moet beter wees as die eksterne
faktore wat op jou besigheid inwerk. Volg
ʼn strategie waar die risikoprofiel vir jou
draaglik is en dink waarheen jy wil gaan,
want dit gaan vir jou soveel makliker wees
om te besluit oor vandag.”
Neels Fourie van die plaas Avondster
in die Schweizer-Reneke distrik het meer
6
vertel oor hoe hy sy menslike hulpbronne
benader en verduidelik dat die vernaam-
ste uitdaging die reëls en regulasies van
wetgewing, die manier hoe dinge op die
plaas gedoen word en die menslikheids-
faktor is.
“As jy as werkgewer in en uit jou
besigheid kan gaan sonder dat jy inboet
op kwaliteit of produktiwiteit, is jy op die
regte pad. ‘n Werker wat met jou verskil is
iemand wat in sy werk begin belangstel,
iemand wat dink oor hoekom hy doen
wat hy doen. Laastens is konsekwentheid
binne die wet krities - wat vandag geld
moet môre geld, moet volgende jaar
geld.”
In terme van bestuursinligtingstelsels
het Johan van der Walt gedeel hoe hy
inligting in sy boerdery vir hom laat werk
en is van mening dat dit bedrywighede,
bestuur en besluitneming moet vergemak-
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020
lik. “Jou inligting moet intyds wees, jou
produktiwiteit verhoog en jou finansiële
posisie verbeter. In moeilike tye help jou
inligtingstelsels jou om proaktief op te tree
en besluite te kan neem. Die persepsie
heers dat tegnologie baie duur is, maar
dit moet jou nie afsit nie. Gaan leer by
iemand wat dit reeds geïmplementeer
het.”
JP Meintjes van die plaas Kruispan
naby Viljoenskroon het uitgebrei op die
belangrikheid van vennootskappe en ver-
duidelik dat jou vennootskap met jou inset
finansier, saad- en kunsmisagent en jou
graan- en meganisasiebemarker, kernbe-
langrik is. “Bou langtermynvennootskappe
sodat daardie mense jou ken en weet
jy sal in moeilike tye steeds jou verplig-
tinge in die verhouding nakom. ‘n Goeie