Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 42

NUUS| NEWS Die GROOTSTE Senwes Kersboomprojek nóg! PROJEK STAAN AL STERK SEDERT 2007 W ie sou kon raai dat ’n klein gebaar by ’n enkele kinderhuis in 2007 in Klerks- dorp kon lei tot hierdie ongelooflike massiewe aksie! Senwes personeel en gesa- mentlike ondernemings, vennote en borge het honderde harte van inwoners van 10 instansies in die Matlosana-distrik en omliggende omgewing verbly met ’n ware Kerservaring soos min, en dit in Oktober. Vanjaar op Vrydag, 25 Oktober 2019, was dié enorme projek na twee jaar by Triest Opleiding­ sentrum, weer terug by Senwes Hoofkantoor in Klerksdorp. Nie minder as 590 behoeftiges van 10 instansies in die distrik het hierby baat gevind. Die instansies sluit in Atamelang Kinder- en Jeugsorgsentrum, Daphne Lee, Huis Adonai, Janie Schneider, Khaya Tshepo, Manu Dei, Rethabile Kinderhuis, Triest Oplei­ dingsentrum, Voetligkinders asook Viljoenskroon Jeugsorgsentrum. Elkeen het ’n geskenk ontvang en ’n dag vol pret en bederf ervaar. Dit natuurlik tesame met ’n pretville park soos min met foozball, springkastele, volleyball, waterglybane en ’n skuimpartytjie. Die baie belangrike persone op die dag is bederf met ’n besoek deur Kersvader en Kers­moeder, superhelde en -heldinne en hulle is bekoor met ’n optrede van Lianie May, wat onder meer treffers soos Kersvader en Kersmoeder het soos ouder­gewoonte ’n draai by die Senwes groep se Kersboomprojek gemaak. 40 SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020 Da Vat Hy, Naweeklyfie, Toe stop my hart en Vir Liefde gesing het, om slegs ’n paar op te noem. Die Curro Klerksdorp Marimbagroep het ook opgetree. Kersgeskenke is oorhandig aan elkeen, spesifiek waarvoor hulle gevra het. Vanjaar het elkeen ook ’n geskenkpakkie ontvang, asook ’n spesiale handdoek met sy/haar naam op gebor­ duur. Dié gewilde projek behels 106 borge met 250 vrywilligers, wat onder leiding staan van 7 komi- teelede, naamlik Charmaine van Deventer, David Strauss, Elmarie Joynt, Hannetjie Burger, Jaco Steyn, Linie van Staden en Mariëtte Hugo. Soos die heel eerste projek in 2007, is dit eerstens ’n personeelgedrewe projek en wat meer is, al die Senwes korporatiewe afdelings en gesamentlike ondernemings het ingekoop om deel te vorm van die projek. Maar waar kom hierdie ongelooflike dryfgees van- daan? Wel, die organiseerders som dit maklik op: “As die Here vir jou ’n uitnodiging rig om vir Hom iets te doen, om Sy hande­werk te doen, om Sy BBP’s net te kom liefde gee en hulle te ontvang, en jy vat dit, dan is dit waar die hart is.” Dankie aan ieder en elk wat vanaf 2007 by die projek betrokke was en gehelp het om so ’n groot verskil te maak. En indien jy nog nie by die projek betrokke is nie, kan jy ook deel van hierdie Kers- boomprojek word deur as borg betrokke te raak vir 2020. Vir meer inligting, kontak asseblief vir Charmaine van Deventer by 018 464 7376 of stuur ’n e-pos aan charmaine.vandeventer@ senwes.co.za. Besoek die skakel http://senwes.co/Kersboom2019 of skandeer die QR-kode om na ’n video van die Kersboomprojek te kyk.