Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 40

3 000 LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL miljard liter Sonder ingryping, kan Suid-Afrika teen 2030 ’n tekort van ongeveer 3 000 miljard liter water per jaar ondervind, aldus die Departement van Water en Sanitasie (DWS) wat vroeër in 2019 tydens ’n interaktiewe ministeriële sitting oor transformasie in Boksburg die voorspelling gemaak het.  Yolandi Schoeman Ekologiese Ingenieurswese: Navorsingsinstituut D ie voorspelde tekort van 3 000 miljard liter is drie keer meer as die totale huishoudelike gebruik van Suid-Afrika. Die 14,5 miljoen huishoudings (volgens die 2011-sensus­syfer) in Suid-Afrika ge­bruik tans meer as 1 250 miljard liter per jaar teen ongeveer 253 liter per dag - wat reeds die globale gemiddeld van 177 liter per persoon per dag oorskry (volgens die DWS). Hiertoe moet watergebruik van die landbou-, nywerheid- en sakegebruik­sektore ook nog gevoeg word. Die hoë watergebruik kan ook deels toegeskryf word aan munisipale nie-inkomstegenererende water, wat tans ’n onaanvaarbare hoë 37% tot 41% beloop. Alhoewel die syfers varieer, is die persentasie gemiddelde fisiese waterverliese in munisipale stelsels na raming ongeveer 25% teenoor ’n wêreldwye beste praktyk van 15%. Selfs as Suid-Afrika alle bestaande planne van die regering toepas en Suid-Afrikaners minder water gebruik, is die beraming dat die land teen 2030 steeds ’n 17% tekort sal hê. Die “Water Scarcity Clock” (www.worldwa- ter.io) voorspel dat teen 2030, ongeveer 4 miljoen mense in Suid-Afrika aan waterstres onderworpe sal wees, ongeveer 8 miljoen mense sal een of ander vorm van waterskaarste ervaar en ongeveer 22 miljoen mense sal absolute waterskaarste ervaar. 38 SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020