Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 10
NUUS| NEWS
Senwes Equipment versterk
arsenaal met Falcon
Falcon Agricultural Equipment vorm sedert 1 November 2019 deel van die Senwes groep
van maatskappy se insetverskaffingsdiensaanbod.
Johan Le Grange
Bestuurder: Senwes Korporatiewe
Bemarking en Kommunikasie
F
alcon fokus primêr op die land-
bousektor, met nisverkope in
die nywerheids- en turfimple-
mentmarkte. Dié maatskappy
vervaardig sy eie Falcon- en Locust-
implementreekse en onderdele en lewer
dienste aan Suid-Afrikaanse en sub-Saha-
ra landbou- en grasbaanmarkte.
Die Falcon-reeks in die welbekende
groen en mostert kleure sluit wentel-
snyers, hooimakers, materiaalhanterings
implemente, mulchers, grassnyers, strooi
ers en kapploeë in. Hierdie implemente
bied uistekende waarde vir geld en is
gebou om die strawwe Suid-Afrikaanse
toestande die hoof te bied. Die Locust-
reeks is veral geskik vir kleinhoeweboere,
meer prysgevoelige kopers en ontluiken
de boere en sluit wentelsnyers en ’n roller-
snyer in wat goed werk saam met ouer of
minder kragtige trekkers.
Falcon is die grootste vervaardiger
8
van wentelsnyers in Afrika en voer reekse
in wat die plaaslikvervaardigde implemente
komplimenteer, soos die Votex-stokkie
kappers uit Nederland en die Amazone-
implemente uit Duitsland.
Die Amazone-reeks, waarvan Falcon
sedert 2005 die alleeninvoerder is, sluit
onder meer strooiers, spuite, grassnyers
asook grondbewerkingsimplemente in.
Amazone is een van die markleiers in die
wêreld en is op die voorpunt van inno-
vasie en tegnologie in die landboubedryf.
Deur die vennootskap met Amazone, bied
Falcon die moderne produsent presisie-
boerderyoplossings wat sy boerdery na
die volgende vlak neem.
Verder spesialiseer Falcon in kernareas
van die landboumark se behoeftes en
vervaardig sodoende meer modelle met
meer opsies as enige ander verskaffer
wanneer dit kom by Falcon-wentelsnyers
en Amazone-toerusting en -strooiers.
Dié maatskappy het sy deure vir
besigheid in Howick, KwaZulu-Natal
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020
in 1985 geopen, waar die insetbesig
heid se fabriek, store en kantore is.
Vandag versprei Falcon produkte lands
wyd deur ’n netwerk van meer as 350
gemagtigde handelaars, terwyl daar
ook na Afrikalande soos Botswana,
Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië,
Uganda, Swaziland, Tanzanië, Zambië en
Zimbabwe uitgevoer word.
Falcon is steeds geskoei op tradisio-
nele waardes met ’n hoë agting vir
effektiewe dienslewering en is die tipe
besigheid wat seker maak dit wat hulle
aanpak en doen, op die regte manier
gedoen word.
Die vennootskap tussen Senwes
Equipment en Falcon versinnebeeld
Senwes se strategie om te groei en te
diversifiseer deur middel van konsolidasie
en integrasie in die landbou- en voedsel-
waardeketting en ontsluit nuwe markte
deur die uitgebreide toerustingoplossings
wat Senwes Equipment voortaan sal bied.
“Ons is vas oortuig dat hierdie nuwe
verbintenis met Senwes enorme poten-
siaal sal ontsluit,” voeg Besturende
Direkteur, Steve Thurtell by.