Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 12

NUUS Senwes ondersteun Agri-Sekuriteit! Op die 8ste putjie, wat deur Senwes geborg is.  Deur Marlon Abrahams Senwes Scenario Hoofredakteur S enwes was weereens trots om ’n borg van die jaarlikse NWK Agri Securitas Senwes Gholfdag te wees, wat by die pragti­ge Pecanwood Gholf Landgoed naby Harte­ beespoortdam op 25 Oktober 2018 gehou is. Senwes Credit se Hoof van Agri- Finansiering, Francois de Kock, wat ook deel van die Senwes span was op die dag, het gesê dat sekuriteit in landbou uiters belangrik is: “Agri-sekuriteit is krities vir ons besigheid - ons moet almal landbouseku- riteit ondersteun. Ons produsente is die hoekstene van die ekonomie en hulle ver- skaf voedselsekuriteit vir die nasie. As hulle nie veilig is nie en nie kan produseer nie, sal ons almal daaronder ly.” AgriSecuritas Voorsitter, Japie Grobler, het Francois se woorde bevestig by die aandfunksie. “Daar is oral misdaad. Die brutale geweld van plaasmisdaad maak dit egter anders en dit is onaanvaarbaar. Die koste van misdaad in 2017 was gelyk- staande aan ’n R7,7 miljard verlies aan inkomste. Dit is een ding om misdaad te veroordeel, maar ons moet ook iets daar- omtrent doen - almal van julle by hierdie funksie het bygedra daartoe dat iets gedoen word.” “Ek wil graag die Senwes HUB en raad van direkteure uit my hart uit bedank vir hulle ondersteuning,” het Japie gesê. 10 AgriSecuritas Voorsitter Japie Grobler, bedank deelnemers vir hul ondersteuning. Die Senwes span! Kevin Smit (Hinterland Bestuurder, Inset­verskaffing), Revan Du Preez (Senwes Credit Bestuurder, Landboudienste), Johan Meiring (Senwes Besigheidsontwikkelingsbestuurder) en Francois de Kock (Senwes Credit Hoof, Kommersiële Agri-Finansiering). Na ’n uitputtende dag op die gholfbaan, is die aandfunksie deur almal geniet. SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE 2018