Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 11

AGRICULTURAL | LANDBOUKUNDIG NUUS WEES BEWUS VAN ASPEKTE WAT JOU ’N TEIKEN KAN MAAK Maklike toegang tot plaas – pas die protokol vir plaastoegang toe; Groot hoeveelhede kontant by die woning, veral wanneer plaasprodukte vanaf die plaas verkoop word; Sigbare en maklike toegang tot kluise; Maklike toegang tot voertuie vir ontvlugting – verwyder sleutels uit voertuie wat nie gebruik word; Wees versigtig om in die donker uit te gaan om ondersoek in te stel; Gebrekkige beveiliging van die woning – installeer veiligheidshekke voor buitedeure, diefwering voor vensters wat oopmaak en installeer ‘n goeie alarmstelsel. Gebrekkige kommunikasie tussen boere – maak seker van goeie kommunikasieverbindinge. voorkoms van plaasverwante misdade en aanvalle is, naamlik die wanpersepsies wat by die breër gemeenskap bestaan oor kommersiële landbou en hoe dit verbeter kan word. Hoewel die Trustfonds gefokus is op verbetering van die landelike veiligheidsituasie en ondersteuning van beveiligings­projekte, kan beveiliging deur proaktiewe be­planning in werking gestel word. Proaktief beteken om op enige voorval bedag te wees. Hoewel individue in staat is om hulself in ’n mate te beskerm, is ’n waaksame gemeenskap ’n doeltreffende afskrikmiddel. Landelike beveiliging be­­ staan hoofsaaklik uit die beveiliging van die huis, inoefening van gebeurlikheidsbeplanning, organisering van optredes en inligtinginsameling, kommunikasie tussen werkgewer en werknemer, met die breër gemeenskap, asook plaaswagte. Moenie geleenthede vir misdadigers skep en raak betrok- ke by georganiseerde landbou en die implementering van landelike beveiligingsplanne. Geen beskermingsmaatreëls is ’n waarborg dat ’n plaasaanval nie sal plaasvind, maar dit kan dit vertraag. Een van die pilare vir die suksesvolle implementering van die Landelike Beveiligingstrategie is die reserviste­ stelsel. Met ’n goed funksionerende plaaswagstelsel, asook aktiewe gemeenskapsbetrokkenheid, kan reserviste ’n belangrike beveiligingsmeganisme wees. Reserviste hou misdaad in toom en behoort op plaaslike vlak bevorder te word. Kernfunksies van reserviste behels algemene funk- sionele diens op stasievlak, die voorkoming, bestryding en ondersoek van misdaad, handhawing van openbare orde, beskerming van landsburgers en eiendom en die handha­ wing/ afdwinging van die wet. Dit is daarom belangrik dat plaasgemeenskappe betrokke raak by beveiligingstrukture. *In die volgende uitgawe van die Senwes Scenario berig ons oor veiligheid in Hartbeesfontein. Agri SA Kongres hoogtepunte 2018  Deur Marlon Abrahams Senwes Scenario Hoofredakteur D ie Agri SA kongres wat deur Senwes geborg is, is by die deftige Maslow Hotel in Times Square, Pretoria op 9 en 10 Oktober vanjaar gehou en het voortgebou op die positiewe energie wat deur landbou vloei na die Landbou Weekblad se Bela Bela Grondberaad vroeër vanjaar. Die kongres-hoogtepunte het ingesluit die herverkiesing van Dan Kriek as president van die organisasie en ’n toespraak deur een van Suid-Afrika se mees welgestelde besigheidsmense, Patrice Motsepe, wat beklemtoon het dat grondhervorming “nie ’n swart wit saak is nie. As ons almal groen was en dieselfde taal gepraat het... as sukses slegs vir die met die van Mosepe beskore was, sal ons ’n revolusie hê... ons moet almal saamwerk anders sal ons almal misluk.” Senwes het weer saam met NWK en OFM ’n bydrae tot die AgriSecuritas fonds gemaak, maar Beyer het almal verstom deur ’n ongelooflike R1 000 000 te skenk. Die tweede dag van die kongres was ’n verdere hoogtepunt toe Agri SA se Adjunk Uitvoerende Direkteur, Christo van der Rheede, Agrohub by https://agrohub.co.za/ geloods het - ’n nuwe webportaal wat ten doel het om “landbougeleenthede te bevorder en te ontsluit.” Besoek die webblad en sluit nou aan om ’n verskil te maak! Senwes wens Agri SA geluk met ’n suksesvolle kongres. Japie Grobler, AgriSecuritas voorsitter, Francois Strydom (Senwes HUB), Johan Bezuidenhout (NWK) en OFM Bestuurder: Nick Efstathiou. SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE 2018 9