Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 20

••••
HANDELSNUUS

Alternatiewe vir prysrisikobestuur vir die 2017 / 18-bemarkingseisoen

PRYSRISIKOBESTUUR IS EEN VAN DIE MOEILIKER BESLUI TE WAARMEE PRO­ DUSENTE ELKE SEISOEN GEKONFRONTEER WORD . ’ N PRODUSENT MOET EGTER TEVREDE WEES MET DIE REALITEIT DAT VERSKANSINGSBESLUITE VIR ’ N OES , WAT DALK NOG GEPLANT EN GEWOONLIK NOG GESTROOP MOET WORD , WEL GENEEM WORD OP GROND VAN DIE INLIGTING WAT OP DAARDIE SPESIFIEKE TYD BESKIKBAAR WAS .
FRANS DREYER

Verskansing op die JSE

Landbou Kommoditeite Mark ( SAFEX ) bly nieteenstaande die enigste deursigtige manier om prysrisiko deur middel van verskeie alternatiewe te bestuur en teenpartyrisiko af te dek . Dit is verder belangrik dat die produsent duidelik verstaan wat die implikasies is wanneer ’ n verskansingstrategie geïmplementeer word .
Teen hierdie agtergrond , met die inligting tans tot ons beskikking , vervat die tabel vier verskansingsalternatiewe . Die strategieë word voorgestel teen die agtergrond dat plaaslike voorraad tans meer as voldoende is en dat uitvoere en verbruik teen die heersende tempo nie die surplus sal verklein nie . Weervooruitsigte vir die komende seisoen lyk gunstig en “ voorneme-om-teplant ” verwagtings dui daarop dat voorraadvlakke waarskynlik op hoë vlakke sal bly . VSA pryse verhandel hoofsaaklik in ’ n sywaartse band , maar die rand is ’ n buiteperd wat die potensiaal het om uitvoerpariteitsprysvlakke noemenswaardig te lig .
Die volledige artikel wat meer agtergrond bied raken de die fundamentele faktore en potensiële prysdrywers vir die komende seisoen kan gelees word by http :// senwes . co / frans .
Vir meer inligting , kontak u naaste graanbemarkingsadviseur ( verkryger ). Alternatiewelik kan Frans Dreyer ( Graanmakelaars , 018 464 7786 ), Hansie Swanepoel ( Markinligting , 018 464 7575 ) of Hennie du Plooy ( Produsente Graanbemarking , 083 388 4968 ) gekontak word .
Tabel : Verskansingstrategieë . Strategie Voordele Nadele Belangrik om in ag te neem
Minimumprys ( Put opsie ) Lae risiko
Beskerm teen dalende prysbewegings .
Opsiekoste duur -naby uitvoerpariteit .
Indien die prys styg en daar is meer oes sekerheid , kan die opsie terugverkoop en ’ n gedeelte van die opsiepremie teruggekry word .
Sintetiese minimumprys ( Vastepryskontrak en koop call opsie ) Medium risiko
Beskerm teen dalende prysbewegings . Potensiële laer opsiekoste as suiwer minimumprys .
Daar word nie gedeel in prysstygings tussen die vasteprysvlak en call-opsie trefvlak as die opsie uitdie-geld gekoop word nie .
Indien die markprys bo die call-opsie trefvlak inbeweeg - heroorweeg strategie ten opsigte van winsneming deur die callopsie terug te verkoop .
Vasteprys Hoë risiko
Beskerm teen dalende prysbewegings . Geen opsiekoste .
Kan glad nie deel in opwaartse pryspotensiaal nie .
’ n Vasteprysstrategie hou definitiewe leweringsof duur uitkooprisiko in . Die mark styg gewoonlik aggressief as daar ’ n groot fundamentele verskuiwing plaasvind soos ’ n midsomerdroogte in ’ n kritiese fase van die groeiseisoen .
Senwes Kollektiewe Pryskontrak ( KPK ) Lae risiko
Beskerm teen dalende prysbewegings . Tonne word deur vasgestelde strategie verskans deur die loop van die produksieseisoen .
Opsiekoste kan duur wees indien die mark hoofsaaklik laer en sywaarts beweeg deur die seisoen .
Benut opwaartse pryspotensiaal aktief en objektief deur middel van vasgestelde strategie beginsels .
18
DES 2017-MRT 2018 • SENWES Scenario