Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 17

HA N D E L SN UUS hierdie sanderige gronde blyk ’n ernstige probleem te wees. ’n Verdere gesondheidsbedrei­ gende komponent was die teenwoordigheid van hoë kon- sentrasies NO 2 (nitriet). Ander plantvoedingstowwe, soos PO 4 , K, Ca en Mg, was ook teen- woordig in beide watertafels op alle proefdatums. Wortelpatogene en grond mikrobiese studies: Aangesien dit die eerste seisoen is, sal die tendense wat waargeneem is as basis dien vir die opvolgende seisoene. PROEF: Interaksie van plantrywydte, plantestand en kultivar as komponent tot die volhoubare verbouing van monokultuur mielies op sanderige gronde (Thabo van Zyl, Doornbult, Bothaville): Agronomiese waarnemings: • Mielies in 1.524 m rye het 2.5 keer die aantal uitloopsels in vergelyking met plante in 1.016 m rye. • Die mielieopbrengs is deur beide plantestand en rywydte geaffekteer. Die mean opbrengs van die 1.016 rye was 1.37 t ha -1 hoër as dié van die 1.524 m rye. Die resultate van die opbrengs per plant wat ver- band hou met plantestand en rywydte, dui aan dat die kul- tivar bestandheid demonstreer teen die stremming wat deur verhoogde/digter plantestand veroorsaak word. • Die beste marges is gerealiseer in smal (1.106 m) rye met ’n digte plantestand, vergeleke met wyer (1.524 m) rye. Byvoorbeeld, R5082 ha -1 en R5153 ha -1 is gerealiseer met smal rye met ’n plantestand van 30 000 en 50 000 plante ha -1 , respektiewelik. Met die wyer rye (1.524 m), was die hoogste marge (R3001 ha -1 ) verkry met ’n plantestand van 25 000 plante ha -1 , vergeleke met R1703 en R2356 ha -1 vir 20 000 en 50 000 plante ha -1 respektiewelik. PROEF: Interaksie van plantestand en kultivar as komponent tot die vol- houbare verbouding van monokultuur mielies op sanderige gronde (Danie Minnaar, Vlakvlei, Kroonstad): Agronomiese waarneming: • Die aantal uitloopsels per plant was nie deur saaidigtheid geaf- fekteer nie. • Elke kultivar het ’n unieke opbrengsreaksie op saaidigtheid gehad. Optimale plantdigtheid het bo 23000 ha -1 geblyk te wees. • Kultivar 78-87Bt met ’n plan­ te­stand van 24 000 plante ha -1 het ’n effense hoër (R12246 ha -1 ) marge as 26 000 plante h a -1 (R12187 ha -1 ) gerealiseer. Die ekonomiese optimale popu­lasie vir kultivar 78-87Bt blyk 22000-24000 plante ha -1 te wees. • Vir kultivar 78-17Bt het ’n plantestand van 26 000 plante ha -1 ’n hoër opbrengsmarge (R11443 ha -1 ) as vir 24 000 plante ha -1 (R10891 ha -1 ), gelewer. • ’n Vergelyking van die marges van die twee kultivars dui aan dat kultivar 78-87Bt met ’n plantestand van 24 000 plante ha -1 , ’n R803 ha -1 hoër marge gelewer het as die 26 ••• • • • • 000 plante ha -1 van kultivar 78-17Bt. PROEF: Die optimale ripdiepte vir die volhoubare verbouing van monokul­ tuur mielies op sanderige gronde (Thabo van Zyl, Doornbult, Kroonstad): • Graanopbrengs het liniêr ver- hoog by ripdieptes van 45 tot 75 cm teen ’n verhoging van 0.87 t ha -1 per 100 mm in rip- diepte. • Geen beduidende opbrengs- reaksie is waargeneem deur die ripdiepte tot meer as 75 cm te verhoog nie. • Die 90 cm rip het ’n effense hoër marge gelewer as die 75 cm rip. Addisionele kapitaal­ koste sal egter die finansiële voordeel elimineer. Die gevolg- trekking kan gemaak word dat rip tot ’n diepte van 90 cm nie finansieel meer voordelig sal wees as die huidige praktyk om tot ’n diepte van 75 cm te rip nie. • Rip tot ’n diepte vlakker as 75 cm sal nie ekonomies lewens- vatbaar wees nie. TER OPSOMMING KAN DIE VOLGENDE GEVOLGTREKKING GEMAAK WORD: Alhoewel dit die eerste eksperi- mentele seisoen was, is waardevolle resultate verkry wat die basis sal vorm vir opvolgende seisoene. Alle plaasproewe was lewensvatbaar en het die potensiaal om by te dra tot praktiese landboubewarings­ praktyke van grondgesondheid as belangrike faktor in volhoubare droëland-mielieproduksiestelsels op semi-droë sanderige gronde met watertafels in die Noordwestelike Vrystaat. *E-pos: [email protected] SENWES Scenario • DES 2017-MRT 2018 15