Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 16

•••• HA N D E LSN U U S Grondgesondheid en landboubewaringspraktyke ONDERSOEK NA DIE IMPAK VAN LANDBOU­ BEWARINGSPRAKTYKE OP GRONDGESONDHEID AS BELANGRIKE FAKTOR IN VOLHOUBARE DROËLAND-MIELIE­ PRODUKSIESTELSELS OP SEMI-DROË SAN­ DERIGE GRONDE MET WATERTAFELS IN DIE NOORDWESTELIKE VRYSTAAT. DANIE BEUKES, ANDRÉ NEL GERRIE TRYTSMAN, MARYKE CRAVEN, SONIA STEENKAMP OWEN RHODE, PETRUS VAN STADEN EN BOET VAN ZYL D ie sanderige gronde van die Noordwestelike Vry­ staat is bekend vir hul inherente kompaksieprobleem, lae vlakke van organiese stowwe en lae voedingstof- en waterretensie­ vermoë. Navorsing in die 1970’s het tot die implementering van die rip-op-ry (ROR) bewerking- stelsel, wat bestaan het uit rip op verskeie dieptes, meestal op die ry, gekombineer met sekondêre vlak bewerkingspraktyke. Werklike probleme wat steeds bestaan is die korttermyn residuele effek van ROR, swak retensie van oes- 14 reste, grondverliese en skade aan saailinge weens winderosie en die impak op fluktuerende water- tafels. ’n Uitgebreide ondersoek gebaseer op Landboubewarings­ beginsels en praktyke (CA = Conservation Agriculture), is in 2016 deur die Sanderige Grond Ontwikkelingskomitee geloods om die produktiwiteit van die gronde te verbeter en in stand te hou met die oog op nasionale voedselsekuriteit. Die klem sal op die volgende wees: (i) swak grond- gesondheid, (ii) grondkompakte­ ring, (iii) diversifisering van jaar- likse gewasstelsels om peuldraende gewasse, meerjarige gewasse en voere in rotasiestelsels in te sluit, (iv) die gebruik van dekgewasse saam met rygewasse, (v) integrasie van lewendehawe met gewasstel­ sels (vi) voorkoms van kroon- verrotting en wortelverrotting, aalwurmbesmetting, mikrobiese diversiteit en aktiwiteit en (vii) winsgewendheidsinligting oor ver- skeie CA-stelsels en praktyke. Hoogtepunte van die eerste seisoen (2016/17) PROEF 1: Regeneratiewe CA gewas- lewendhawe geïntegreerde stelsel met rotasie van mielie somer-winter diverse rusoeste (Danie Crous, Deelpan, Kroonstad): Groei en opbrengs van gewasse: • Droëmateriaal (DM) opbreng- ste van somerdekgewasse het DES 2017-MRT 2018 • SENWES Scenario gewissel tussen 14.5 en 17.1 t ha -1 , terwyl DM-opbrengste van winterdekgewasse gewissel het tussen 11.3 en 16.1 t ha -1 . • Die winterdekgewasse het die hoogste waterverbruikseffekti- witeit (WUE = water use effi- ciency) gereflekteer, vergeleke met die somerdekgewasse (36.6 vs. 25.9 kg droëmateriaal mm -1 ha -1 ), terwyl die monokultuur mielies ’n WUE van 14.3 kg graan mm -1 ha -1 behaal het. Grondwaterstudies: • Die somerdekgewasmengsel het aanleiding gegee tot ’n opbou van grondorganiese koolstof (SOC - soil organic carbon) in die 0-100 mm laag van 0.74% C in vergelyking met byvoorbeeld 0.49% C onder ’n grasland. • Tussen reënvalepisodes het die grondwaterinhoud (SWC- soil water content) vinnig die permanente verleppunt bereik. SWC was baie laer by die somerdek-gewasmengsel in vergelyking met die mielie­ gewas onmiddellik na ’n reën- valepisode. Dit is waarskynlik weens die versperring van reën deur die blaredak van die vorige oeste, gevolg deur ver- dampingsverliese direk vanaf die blaredak. ’n Volledige SWC profiel is op die oorlêland gemeet voor die winterdekge- wasse geplant is. • Uitloging van duur en gesond- heidsbedreigende NO 3 -N op