Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 15

•••••••
KOLLIG •••
Die Britz familie ! Agter is David , Theuns Junior , Janine , Hendrina , Theuns Senior , Lizelle en Shawn . Voor kleinkinders Mijané , klein Theuns Junior en Leanke . Op die inlas is die ander kleinkinders Wilandi en Pieter by Theuns Senior en Hendrina .
Die bees boerdery beslaan ‘ n klein gedeelte van die boerdery en die voerkraal is ‘ n nuwe uitbreiding . vir jare by die kinders bybly as ’ n teken van hoe om te werk te gaan .
BESLUIT WAT BY JOU PAS Sy raad is dat dit belangrik is om te bepaal of dit wat op jou pad kom , wel vir jou bedoel is . Hy maan dat jy eers goed moet besin oor ’ n vertakking . “ Dit moet deel van jou aard wees en jy moet daarvan hou ,” sê Theuns oor dié maatstaf wat hulle gebruik . Dan is dit ook belangrik dat jy betroubare mense in diens moet hê en hoewel jy moet strewe na perfeksie , is dit nie aldag moontlik nie .
Wat hulle met al die uitbreidings probeer vermag , is om die ekstra tree te gee en mense nie teleur te stel nie . “ Daai ietsie ek - stra , al word jy soms nie daarvoor betaal nie ,” vertel Theuns . So , deurdink alle besluite en jy moet die deursettingsvermoë hê om alles wat jy aanpak deur te voer .
LA ROUGE GASTEPLAAS Die naam La Rouge Gasteplaas is gekies omdat hulle baie van rooi hou en daar boonop lekker rooigrond is in die omgewing . Theuns is ook ’ n man wat hou van ’ n rooi trekker , hoewel daar wel ’ n paar groen implemente hier te bespeur is . Daar is 47 kamers in die gastehuis , wat 100 mense
akkommodeer , asook twee groot sale vir funksies , met ’ n koepel en kapel om die finale afronding te bied met sowat 30 troues per jaar . Talle bekendes soos onder andere akteurs Leandie du Randt , Hans Strydom en Pascal Pienaar , kunstenaars soos Adam Tas en die grapjas Andries Vermeulen en was al hier en talle plaaslikes , soos die Britz-familielede is hier getroud . Daar word ook die afgelope 5 jaar ’ n bruidskou hier gehou .
Die wenakker is begin deur Lizelle wat die kreatiewe een in die familie is . So terloops , een van hul bekend ste disse is beslis die Wenakker biefstuk en skyfies .
SENWES EN HINTERLAND Theuns lewer sy graan by die Vierfontein silo , wat ’ n klipgooi van hulle af is . Hy is vanaf 1978 ’ n lid by Senwes en gebruik ook die dienste van onder andere Senwes Credit . Hy gebruik die Hinterland-tak in Klerksdorp as sy hoof aankooptak en koop veral diereprodukte en spuitstowwe daar . Hy maak ook staat op die professionele advies en raad van sleutelrekeningbestuurder by Senwes Andrew Weber asook landboukundige , Willem van Zyl . Theuns se pa was ook ’ n Senwesklant .
THEUNSE IN OORVLOED Daar was nou al vier generasies Theunse ( Theunis Fourie Britz ) met sy oorlede pa Tenie , hyself , seuns Theuns Junior en kleinseun Theuns wat almal die name met trots dra . Hy lig veral van daardie klein takke van die boom uit , sy kleinkinders Theuns , Mijané Léanke , Pieter en Wilandi . Almal is afstammelinge van hom , die boom .
So groei daar altyd nuwe takke , of dit nou familielede of idees is , en weet ons dat Bloekomboomboerdery aanhou sal ontwikkel . Die nuutste is ’ n groot beer wat by die troupaar tjie en minions sal aansluit . En hoewel hy die teuels vashou , het hy klaar so te sê almal touwys gemaak sodat daar nie enige verrassings op hulle wag as hy nie meer daar is nie . Maar vir hulle is dit op die ou einde net genade van Bo wat hulle geanker hou .
Theuns junior by die John Deere spuit .
SENWES Scenario • DES 2017-MRT 2018 13