Senwes Scenario December - January 2021 | Page 7

NUUS
ONS SAL ALMAL 2020 ONTHOU as die jaar van Covid – 19 . ‘ n Jaar waar die wêreld tot stilstand geruk is a . g . v . die pandemie . Die Landbou industrie het oor die algemeen baie lig daarvan afgekom , maar tog het individue hulle werk verloor en het daar maatskappy konsolidasies plaasgevind .
So het Senwes en Suidwes ook hande gevat vir die toekoms . ‘ n Spesiale woord van welkom aan al Suidwes se personeel en klante . Ons sien uit na ‘ n beter toekoms saam .
Dit bring my by ons Kersboodskap vir die jaar . Na ‘ n jaar soos die , is mens net dankbaar . Dankbaar teenoor ons Hemelse Vader dat Hy Sy Seun , Jesus Chirstus , vir ons gestuur het , om die wêreld te verlos . Dankbaar vir die voorspoed wat landbou tans ervaar . Dankbaar dat die regering begin besef hoe belangrik voedelsekuriteit vir Suid-Afrika is .
Navorsing het bewys dat hoe meer dankbaar jy is , hoe makliker word dit vir jou om dankbaar te wees . Indien jy dankbaar is , skei jou brein serotonien ( die goedvoel hormoon ) af . Dit help keer dat jy nie net die negatiewe in die lewe raaksien nie . Serotonien stabiliseer jou gemoed , dit laat jou goed en gelukkig voel . Serotonien maak letterlik voetpaadjies in jou brein , wat dit moeilik maak om dan die negatiewe in die lewe raak te sien .
Die teendeel is ongelukkig ook waar , hoe meer negatief en ondankbaar jy is , hoe moeiliker raak dit vir jou brein om die positiewe raak te sien en dankbaar te wees .
Fil . 4:13 “ Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee .”
Met dankbaarheid in my hart , wens ek u en u gesin ‘ n baie geseënde Kersfees toe , kom ons gaan 2021 met dankbaarheid in ons harte , tegemoet .
Groete Danie Minnaar
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2020 5