Senwes Scenario December 2021 - February 2022 | Page 55

JAG
DIE TOETS Ek het die geleentheid gehad om Balistixkoeëls tydens ’ n jag en ook op die skietbaan te toets . Ek het ‘ n klompie 165gr-koeëls gekry wat ek vir my . 30-06 gelaai het . Met ’ n lading van 47.5gr het die 165-greiners die loop verlaat teen 2 564vps en sommer met die tweede probeerslag het ek goeie akkuraatheid gekry . Net soos enige ander koeël kan jy met die plasingsdiepte van die koeël speel om die beste akkuraatheid te verkry . Monometaalkoeëls vereis soms ’ n taamlike lang sprong vir die beste akkuraatheid .
Balistix-koeëls word verskaf in plastiekhouertjies wat 50 koeëls hou ( behalwe die 9.3mm en . 375 ” wat in hoeveelhede van 25 verpak word ). Herlaaiers sal ook verheug wees om te verneem dat Balistix ook pakkies van slegs 10 koeëls verkoop . Dis vir die manne wat eers net die Balistix-koeëls in hul gewere wil toets sonder om ’ n groter uitgawe aan te gaan .
OP DIE SKIETBAAN Ek het ook drie van die Balistix-koeëls ( 115gr
6.5mm ; 165gr . 308 en 250gr . 375 ) in styfgepakte nat tydskrifte ( wetpack ) geskiet op 50m om te sien hoe hulle presteer .
Die 6.5mm-koeël wat teen 2 300vps gelanseer is het mooi omgeklink , 29cm diep gepenetreer en al sy gewig behou . Teen 2 564vps het die . 308-koeël natuurlik ook mooi omgeklink maar die vlerkies het , soos voorheen voorspel is , afgebreek . Hierdie koeël het 34cm diep gepenetreer en 91.7 % van sy gewig behou . Ek het die . 375 ” -koeël voor 62gr S335 gelaai wat 2 250vps uit my geweer gegee het . Hierdie koeël het 55.4cm diep gepenetreer , mooi omgeklink en ook 100 % van sy gewig behou .
Tydens die akkuraatheidstoetse het ons my . 30-06 en 6.5 Grendel getoets en verskeie ander mense se gewere wat Balistix-koeëls gebruik . My . 30-06 groepeer konstant kleiner as 20mm met hierdie koeëls en so ook die Grendel . Ek het ook met Hannes Nolte se . 308 geskiet , Chris Strydom se 6.5x47 Lapua en Lance Stevens se . 300 WSM en al drie dié gewere het indrukwekkende groeperings gelewer . Die meegaande foto ’ s van die groeperings spreek boekdele . Met Lance se
. 300 WSM was ek in staat om ’ n staalplaat vier keer in ’ n ry op
1 000m raak te skiet . Hierdie is beslis ’ n Suid-Afrikaanse produk wat ek met groot vrymoedigheid aanbeveel . Ek sal Balistix-koeëls sonder skroom in my gewere gebruik .
Behalwe dat Balistix-koeëls goed presteer op wild en op papier , is die voordeel van Suid- Afrikaans koop dat die produk altyd beskikbaar is en indien jy nie met die produk tevrede is nie , jy dadelik die vervaardiger kan kontak en jou probleem direk met hom bespreek . Ek het die Balistix-span baie vriendelik en behulpsaam gevind tydens die hele toetsproses . Hulle toewyding en strewe om ’ n pronkproduk beskikbaar te stel het my beïndruk .
* Kontak gerus vir Jaco Kruger by Hinterland Wapens by 0609950015 of Chris Strydom , een van die stigterslede van Balistix Bullets , by 082- 442-7261 . Besoek ook gerus die die volgende webwerwe : www . balistixbullets . com .
Balistix is beskikbaar by Hinterland Wapens .
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2021 53