Senwes Scenario December 2021 - February 2022 | Page 35

NUUS

GEKWEEKTE VLEIS

OP INTERNASIONALE NAVORSINGSPYSKAART

Wetenskaplikes verbonde aan die Osaka-universiteit in Japan het onlangs geskiedenis gemaak toe hulle suksesvol die eerste 3D-gedrukte Wagyu-biefstuk ontwikkel het wat spiere , vet én bloedvate bevat . Die navorsingsprojek en -bevindinge is in die wetenskaplike joernaal , Nature Communications , gepubliseer .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Hierdie deurbraak is gemaak nadat stamselle van Wagyu-koeie geïsoleer is om die komplekse tekstuur van dié beesvleis na te maak . Volgens Dong-Hee Kang , die hoofnavorser , kan stamselle onder die regte laboratoriumomstandighede tot so ʼn mate gemanipuleer word dat dit in elke tipe sel ontwikkel kan word wat nodig is om gekweekte vleis te produseer .

Hy verduidelik dat vir dié eksperiment die individuele vesels , waaronder die spiere , vet en bloedvate , met behulp van ʼn bioafdruk uit hierdie selle vervaardig is . Die vesels is gevolglik in 3D-skanderings ¬ tegnologie gerangskik ten einde die struktuur van regte Wagyu-vleis te produseer .
Ten spyte daarvan dat eetbare gelatien en gellangom gebruik is om die vesels te bind , sê Kang dat dié namaaksel nog nie vir menslike gebruik geskik is nie .
Die navorsers is egter opgewonde oor die potensiaal van dié tegnologie as ‘ n omgewingsvriendelike en volhoubare metode tot alternatiewe vleisprodukte . “ Deur hierdie tegnologie te verbter , is dit moontlik om nie net ingewikkelde vleisstrukture te produseer nie , maar ook subtiele aanpassings aan die vet- en spierinhoud van die vleis te maak ,” verduidelik Michiya Matsusaki , een van die navorsers . Gevolglik kan vleissnitte gekweek word met elke klant se unieke smaak- en gesondheidsvoorkeure in gedagte .
In Februarie vanjaar het Aleph Farms en ‘ n tegnikon in Israel daarin geslaag om ‘ n riboog-biefstuk met regte beesselle te kweek , terwyl Spanje ook bekend is vir navorsing in dié verband .
MEER OOR GEKWEEKTE OF KUNSMA- TIGE VLEIS
In ‘ n artikel wat vroëer vanjaar deur SA Graan gepubliseer is , meen prof Hettie Schönfeldt van ARUA CaBFoodS-Afrika dat kenners hoofsaaklik onderskei tussen vegatariese vleisvervangers , gewkeekte vleis of spierselgepoduseerde namaaksels .
In die geval van vegetariese vleisvervangers word sojabone , lensies en ertjiepeule asook voedingstowwe wat die proteïene in vleis ewenaar , saam met vette , binders , geurmiddels en beet as natuurlike kleursel , gevorm . Laboratoriumgekweekte vleis word vervaardig deur selle wat tydens weefselbiopsies vanaf diere verkry word en geen diere word dus hiervoor geslag of geteel nie .
Gerhard Schutte van die Rooivleisprodusente-organisasie ( RPO ) het in die artikel gesê alhoewel plantaardige en laboratoriumgekweekte vleisnamaaksels ‘ n werklikheid is , dié bedryf plaaslik nog in sy kinderskoene staan . Volgens hom is dit op die hoë-inkomstemark gemik en terwyl die ware impak daarvan besig is om te ontvou , dit tans nie ‘ n wesenlike bedryf is nie .
Izaak Breitenbach van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging ( SAPV ) meen op sy beurt dat sintetiese hoendervleis waarskynlik nie net baie duur sal wees nie , maar ook nie baie aptytwekkend sal wees nie .
Die Suid-Afrikaanse Varkprodusenteorganisasie ( SVPO ) het by monde van Marieta Human , ‘ n verbruikerswetenskaplike , gesê dat smaak- en tekstuurprofiele en ekonomiese oorwegings internasionaal die impak van nagemaakte varkvleisburgervulsels en varkvleisworsies bepaal . “ Weens die unieke rol van rooivleis in ons kultuur , sien ons nie gou ‘ n noemenswaardige bedreiging vir die plaaslike kommersiële varkvleisbedryf nie ,” meen Human . Volgens dr Dirk Strydom , bestuurder : Graanekonomie en Bemarking van Graan SA , sal nagebootste vleis oor tyd ‘ n besliste rol in die vraag na graan vir voer kan speel . Hy verduidelik dat voer in die laaste jare ‘ n baie belangrike deel van die vraag na graan geword het , en dat hierdie produkte uit gewasse soos sojabone en lupiene onstaan , wat ‘ n nuwe vraag sal veroorsaak .
Lees die volledige SA Graan artikel hier : https :// bit . ly / 3nfJ8HP
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2021 33