Senwes Scenario December 2021 - February 2022 | Page 36

NUUS

SAMBREELPROJEK

GAAN VAN KRAG TOT KRAG

Rampe en teenspoed hou nie kantoor-ure nie , dit vra nie uit oor jou straatadres óf hoe groot jou bankbalans is nie .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Inteendeel , dit gebeur dikwels sonder waarskuwing en as dit doen , raak dit almal van ons – meer nog as dit die bedrywighede van die landbouwaardeketting bedreig .

Met dié realiteit in gedagte is die Senwes Groep van maatskappye verbind tot die volgehoue ondersteuning van klante en gemeenskappe wat gebuk gaan onder uitdagings soos vloede , vernietigende veldbrande en voortslepende droogtetoestande . Dié ondersteuning is egter nie net tot natuurrampe beperk nie , hiervan getuig die Covid-19- noodlenigingswerk wat die groep reeds sedert Mei 2020 doen .
AVC RELIEF UMBRELLA-PROJEK Die Senwes Groep se hulpverlening vind plaas onder die vaandel van die AVC ( Agricultural Value Chain ) Relief Umbrellaprojek , en volgens Francois Strydom , Groep Hoof Uitvoerende Beampte , het dié projek dit ten doel om mense met hulp én hoop by te staan . “ Om ʼn verskil in mense se lewens te maak , is die hoogste eer ,” sê Strydom en verduidelik dat die groep ʼn klantgerigte besigheidsfilosofie lééf .
Die projek , wat in Mei 2020 geloods is , is juis so ontwerp dat dit noodleniging aan kwesbare gemeenskappe op verskillende vlakke kan fasiliteer .
SKENKINGS HELP OM COVID- KNYPTANG TE VERLIG
Tydens die koronaviruspandemie het die projek , in samewerking met die Landbousakekamer ( Agbiz ), help verseker dat daar reeds in meer as 379 000 kwesbare individue , regoor die land , se basiese voedselbehoeftes voldoen is . Senwes produsente tesame met korporatiewe vennote het sedert die totstandkoming van die projek bykans 1 000 ton mielies geskenk wat in ‘ n verwerk formaat , meer as 33 400 5kg sakke mieliemeel verteenwoordig .
Die projek het onlangs verdere stukrag gekry nadat Bayer in samewerking met Graan SA ʼn skenking van 209 ton mielies aan gemaak het . Die tonne word dan weer verwerk en versprei aan die landbouugemeenskappe deur middel van voedingsskemas , ouetehuise en plaasskole . Hiermee saam het die African Seed Group ook hul steun tot die projek toegesê en danksy ʼn innoverende samewerkingsooreenkoms tussen die groep en Senwes , gaan ontvangers van mieliemeel voortaan ook met saad bemagtig word . Dié skenking beloop in die omgewing van R2,4 miljoen . Ongeveer 50 ton saad ( wit-en geelmielies ) word vir die projek beskikbaar gestel en sal in pakkies van onderskeidelik 1 en 2kg verpak en saam met die meel uitgedeel word .
HOOP EN HULP
“ Die waarde van ʼn sambreelprojek soos dié is dat dit nie net uitkoms bied aan individue en gemeenskappe wat onder moeilike omstandighede gebuk gaan nie , maar ook omdat dit gemoedsrus aan donateurs en vennote bied ,” sê Strydom . Hy voeg by dat Senwes , as ʼn gevestigde en toerekenbare agri-besigheid reeds vir 112-jaar die belange van die landbouwaardeketting op die hart dra en bedank ook graag almal wat reeds tot die projek bygedra het .
Die projek duur onverpoosd voort en produsente kan skenkings maak deur mielies by enige Senwes Silo op leweringsnommer 418688 te lewer . Skenkings in die vorm van ander kommoditeite kan op Senwes se webblad by www . senwes . co . za / avc-food-umbrella in gelees word , waarna ʼn verteenwoordiger van Senwes met die donateurs in verbinding sal wees .
Vir meer inligting oor die AVC Relief Umbrella-projek besoek www . senwes . co . za of stuur ʼn e-pos na info @ senwes . co . za
34
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2021