Senwes Scenario December 2021 - February 2022 | Page 43

NUUS
gesorg terwyl tradisionele lekkernye soos waatlemoen en springmielies ook tot die feestelikheid bygedra het .
PLAAS-KERSFEES FEESPROGRAM Die Senwes Kersboomprojek-trekker en wa het by die volgende instansies aangedoen :
• SAVF Retabile Kinderhuis
• Daphne Lee Gemeenskapsorganisasie
• Janie Schneider Skool
• Manu Dei Skool
• Khaya Tshepo Huis van Hoop
• Triest Opleidingsentrum
• Viljoenskroon Jeugsorgsentrum
• Atamelang Kinder en Jeugsorgsentrum
PROJEK GETUIG VAN DEERNIS EN NAASTE LIEFDE
Volgens Elmarie Joynt , Uitvoerende Bestuurder : Korporatiewe Sosiale Verantwoordelikheid , lê die sukses van dié projek opgesluit in die harte en positiewe gesindhede van elke deelnemende personeellid . Hierdie personeellede spandeer nie net tyd saam met die kinders en versorgers nie , maar tree ook op as toesighouers en helpers en dra op die manier die boodskap van deernis en naaste liefde uit . “ Dit is my hoop dat ons hierdie jaar , soos in die verlede , spore van impak sal nalaat ,” sê Elmarie .
Elmarie lig ook haar ( Kersfees ) hoed vir die projekkomitee onder leiding van Jaco Steyn . Vanjaar se komitee het uit Sanmarie Schlebusch , Mariette Hugo , Mariska Malan , Jacques Hugo , Charne Pretorius , Coretta Sago , Edward Adendorff , Hannetjie Burger , Liane Nel , Linie van Staden , Marlize Venter , Marlene Kennedy , Wilske Zwanepoel , Annelie Wolmarans en Yolande Steenkamp bestaan .
* Senwes bedank graag al die borge wat tot die sukses van dié projek bygedra het .
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2021 41