Senwes Scenario December 2021 - February 2022 | Page 42

NUUS

SENWES

KERSBOOMPROJEK

VELLIES OP DIE TEER VIR KERSVREUGDE

Vanjaar het Senwesters met hul vellies in die pad geval vir liefdadigheid en gesorg vir ʼn Kersboomprojek sonder weerga ! Ja , dis reg : geen teerpad vol slaggate of sinkdakgrondpaaie kon Senwesters daarvan weerhou om die boodskap van samesyn en gulhartigheid oor te dra nie .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Die tema van vanjaar se feesvieringe is Plaas-Kersfees en vanaf 9 November tot 1 Desember 2021 het personeel ʼn sonnige somer-Kersfees saam met die inwoners en leerders van verskeie liefdadigheid- en

nie-winsgewende organisasies gevier .
En wat sal ʼn plaas-Kersfees tog wees sonder ‘ n John Deere-trekker en ʼn versierde wa vir Kersvader en sy vele Senwes helpers ? Voeg hiermee saam tradisionele boeresport aktiwiteite soos toutrek , bok-bok-staan-styf en sakresies om oudergewoonte se springkastele en waterwurms aan te vul , en dié samekomste het verseker vir ure se pret en plesier te gesorg .
Soos verlede jaar , was daar nie een groot partytjie by Senwes se hoofkantoor in Klerksdorp gehou nie , maar eerder verskeie kleiner partytjies in die omgewing van Klerksdorp en Viljoenskroon . Op hierdie manier is daar aan al die korona-maatreëls gehoorsaam én Senwesters kon seker maak hulle spandeer genoeg tyd saam met elk van die verskillende begunstigdes .
GESKENKE , LEKKERS EN SMULKOS
Vanjaar se projek het Kersvreugde aan meer as 500 begunstigdes gebied , en Kersvader het gesorg dat elkeen ʼn sportsak propvol bederfprodukte ontvang .
Derhalwe ʼn lekker middagete , het lekkergoedpakkies vir ʼn taai glimlag op elke gesiggie
40
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2021