Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 4

••••
2
IS DIT NIE WONDERLIK NIE ! DIE 2017 MIELIEOES BARS OMTRENT UIT SY NATE . REKORDOESTE IS IN BAIE GEBIEDE AAN DIE ORDE VAN DIE DAG EN SO OOK IN SEKERE SENWES GEBIEDE , WAT OOK SY EIE UNIEKE UITDAGINGS BIED .

Dit laat my dink aan die woord rekord . Die woord is afkomstig van die ou Franse woord ‘ record ’ wat om te onthou beteken , asook van die Latynse woord ‘ recordari ’ waar die ‘ cor ’ veral na die hart verwys . En dit is presies wat rekords doen , dit skep die vermoë om te onthou .

Daar is baie spreekwoorde waarin dié woord gebruik word . Om rekord te hou van iets terwyl ’ n rekord ook kan verwys na die beste resultaat wat al ooit behaal is , vir die rekord , van die rekord af en dan ook ons stel die rekord ( aangetekende feite ) reg . Dit is duidelik dat die woord rekord verskeie betekenisse het .
Met die groot rekordoes is ons Senwes Grainlink span topfiks vir die inname daarvan en ekstra opbergingskapasiteit word vroegtydig by sekere silo ’ s geskep .
Dit is nou omtrent rekordtyd by Senwes met Hennenman wat die eerste Senwes silo , asook die eerste silo in Suid-Afrika geword

Rekords verbeter en om rekord te hou

AUG / SEP 2017 • SENWES Scenario
om met solarkrag toegerus te word . En dit is die moeite werd om rekord hiervan te neem !
Senwes Hoof Uitvoerende Beampte , Francois Strydom , praat in Finansiële Resultate oor die afgelope jaar 2016 / 2017 jaar se resultate en wys daarop dat Senwes besonder goed gedoen het , veral as dit met die res van die landbousektor vergelyk word .
Die Senwes Spinners breek ook in die volgende dekade in met die 11de Senwes Spinners krieketfinaal vir plaasskole wat in Mei tussen Humansvlakte en Manana Primêre Skole plaasgevind het .
Senwes Equipment breek ook nuwe grond in die Oos-Kaap en ons loer by Aliwal-Noord en Ugie takke in op die vooraand van die opening van die Oos- Londen tak in Augustus .
Rekords duik nie op nie , mens werk hard daarvoor , veral na die moeilike jare wat ons beleef het . Dit is waar hoop intree en ons moet nooit vergeet wat hoop ons geleer het nie . Hoop in moeilike tye lei tot rekords . Of moet ons dit eerder wonders noem ? Ek sluit af met ‘ n gepaste definisie van hoop van Tertullianus – “ Hoop is geduld wat sy lampie by God se lig brandgesteek het .”
Hou moed en laat die rekords aanhou spat !
Aubrey Kruger
REDAKTEUR hoofredakteur Marlon Abrahams Tel : 018 464 7349 marlon . abrahams @ senwes . co . za
redakteur Aubrey Kruger Tel : 018 464 7449 aubrey . kruger @ senwes . co . za
advertensies Mariëtte Hugo Tel : 018 464 7505 mariette . hugo @ senwes . co . za
ontwerp en uitleg Mercia Venter mercia . venter @ senwes . co . za
medewerkers Francois Baird , Ds Carel Botma , Ds Willie Botha , Carl Kirstein , Lucas Coetsee , Carl Fourie , Japie Fransman , Thys Grobbelaar , Yolandi Janse van Vuuren , Johan le Grange , Jenny Matthews , Susari Geldenhuys , Senwes Grainlink , Jacques Pretorius , Jan Serfontein , Petrus van Staden en Milanie Vosloo .
subskripsie Marie Erasmus Tel : 018 464 7568 Faks : 018 464 7772 marie . erasmus @ senwes . co . za
eienaar Senwes , Posbus 31 , Klerksdorp , 2570 Tel : 018 464 7800
drukwerk Typo Tel : 011 402 3468
• Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 ( 7 ) van die Wet op Outeursreg .
• Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings in advertensies , promosie-artikels of deur medewerkers nie .