Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 20
••••
P ROMOSI E - AR T I K EL
Presisieboerdery
in saaiery
WÊRELDWYD DRAAI
INDUSTRIEË NA GEÏNTE-
GREERDE DIGITALE PRO-
DUKTE WAT VERHOOGDE
PRODUKTIWITEIT BELOOF.
FRANCOIS JANSE VAN RENSBURG
NASIONALE VERKOOPSBESTUURDER,
CEREALIS
H
ierdie effektiewe benade-
ring lei dan tot ’n groter
omset, iets waarna elke besigheid
streef. Die Landbousektor is geen
uitsondering nie.
Vooruitstrewende boere maak
gebruik van die beste tegnologiese
toerusting vir verhoogde opbreng-
ste teen ’n laer koste.
Presisieboerdery is gebaseer op
die beheer van insette en datage-
drewe besluitneming sodat boere
slimmer werk, en nie harder nie.
Tradisioneel was die fokus op
plantestand en populasie, maar
omvattende navorsing deur die
landboukundige af-
POPULASIE
deling van Precision
Planting Amerika
SPASIERING
het tot die vol-
SINGULASIE
gende gevolg-
OPKOMS
trekking gelei
(Fig. 1)
WAT WORD BEDOEL MET DIE
KOPTELLING PIRAMIEDE?
As die maksimum potensiaal van
’n plant twee volledige koppe is
met 16 rye in die rondte en 40
pitte in ’n ry wil ons dit graag op
elke plant sien. Hoekom is daar
dan plante met een of een en ’n
halwe kop of geen kop?
18
Van primêre belang vir produksie
is eenvormige opkoms, en wat is
die faktore wat eenvormige op-
koms beïnvloed?
• Eenvormige vog vir ontkieming
om die pitte op ’n gelyke diepte
in die vogtige grond te plaas.
• Eenvormige plantdiepte vir die
minimum temperatuur skom-
melinge en beter ontkieming.
• Die regte drukking op die
diepte beheer wiele. Te veel
druk veroorsaak kompaksie
op die wortelsone wat die ont
wikkeling negatief beïnvloed.
Proewe toon ’n 6 tot 10%
opbrengsverhoging met die ge
bruik van aktiewe drukbeheer
teenoor ’n vaste verstelling.
• Oesreste in die planter voor
wat vog van die pit af trek en ’n
hindernis in die groeipad is wat
kan veroorsaak dat die plant
later opkom. Dit kan bestuur
word met “row cleaners”.
• Saad tot grond kontak. (Nie
lugleegtes om die saad nie) deur
van ’n “seedfirmer” gebruik te
maak word die pit in die klam
grond vasgedruk.
Singulasie
Singulasie beteken om een enkele
pit elke keer op die regte plek neer
te sit. Geen mis pitte of dubbel
pitte word bereik deur metereen-
hede te diens en seker te maak dat
die beste metereenheid gebruik
word. Verder is ’n goeie planter-
AUG/SEP 2017 • SENWES Scenario
monitor, wat waardevolle inligting
van die plantproses weergee, van
kardinale belang om foute in die
proses te identifiseer en reg te stel.
Spasiëring
Met spasiëring word die individue
le plante eweredig gespasieer om
onnodige kompetisie te vermy. Dit
word verbeter deur deeglik aandag
te gee aan die aandrywing van die
planter. Geslyte kettings en laers
kan ’n nagmerrie veroorsaak. Elek-
triese aandrywings per ry kan baie
kopsere uitskakel die hele sisteem
vereenvoudig asook variërende
opsies skep.
Optimale plantestand
Om die optimale plantestand vir
die regte kultivar en grondtipes
te kry word met proewe in same
werking met saadmaatskappye
bepaal. Daar word van tegnologie
soos vSet Select van Precision
Planting gebruik gemaak om in
dieselfde land tussen kultivars
sowel as stand te varieer.
Verder word daar na voeding
gekyk om die regte bemesting op
die regte tyd en regte plek te plaas.
Dit lei tot optimale produksie.
’n “Pop-up” kunsmis in die regte
hoeveelheid kan ’n groot verskil
maak om te verseker dat in die
V4 tot V6 groeistadium die op-
brengspotensiaal so hoog moontlik
vasgestel word.
Vir meer inligting oor die beste oplossing
vir jou boerdery, skakel Francois Janse
van Rensburg by 082 333 1330 of
[email protected].
Petrus van Staden – Senior
Landboukundige by 051 853-1141 of
[email protected].