PRODUCER FOCUS | PRODUSENTFOKUS
1J10 en 1&2I13 uit die boedel. Daarna het
dit begin beter gaan, verklap Riaan, toe
hy persele 3J13, 6J13 en 6J10 bygekoop
het om nou agt persele in totaal te hê.
Dis juis die lesse wat hy by sy pa
geleer het, wat hom nou nog bybly: “My
pa was ’n baie konserwatiewe boer, ’n
stoere ou eerlike boer. Sy raad was dat
met integriteit, eerlikheid en geloof in jou
Skepper, moet jy jou voete stewig op die
grond hou. “Dis hoe ek ook graag wil
wees”.
Alhoewel hy die enigste in die fami
lie is wat boer, is twee van sy seuns in
landbou - Hendrico wat by Agrisol in
Potchefstroom werksaam is en ’n hon-
neursgraad in grondkunde het, en Marnu,
wat op sy beurt besig is met ’n meesters-
graad in Agronomie. Hy fokus op die in
vloed van kouestres op die opbrengs
en kwaliteit van mout gars (Hordeum
vulgare) in samewerking met SAB en
SAB Inbev. Die jongste, Jo-anco, wat
verlede jaar gematrikuleer het, is besig
met sy Hoër Diploma in Ingenieurs
grafika en ontwerp.
uitstekend, in alle opsigte, en hulle dra
my belange op die hart,” vertel die
passievolle boer. Graanlewerings gaan
deur Senwes Grainlink se Hartswater en
Magogong silo’s. Hy doen sy winter- en
somerproduksiekrediet hier en gebruik
Certisure vir sy versekering. Dan doen hy
sy aankope by die Hinterlandtak: kuns
mis, saad, noem dit maar op. Dis net sy
grondbone wat deur Golden Peanuts &
Tree Nuts gaan, en hulle is op sy voor
stoep, letterlik.
SY ANDER LIEFDE
“Grondbone is my liefde, kyk hoe staan
hulle rond,” beduie hy met ’n handvol
bone wat hy op die kombuisrak nader-
trek. Hy doen ook kontrakteurswerk in
die Hartswater- en Taung-omgewing hier
naby. Verder
SY BOERDERY
“Ek boer met Senwes
se hulp, ek lewe
uit Senwes, selfs
my kinders se
brandstof is van
Senwes, vertel die
oudskolier van
Hoërskool Stella.
“Robert Goosen,
Johan Zietsman
en sy personeel,
hanteer my absuluut
Riaan en Nelia Esterhuizen boer al die afgelope 24
jaar tussen Magogong en Hartswater.
verbou hy mielies as wisselbougewas,
tesame met katoen, koring en gars. Hy
plant ook ’n stukkie lusern en tans sowat
10 hektaar een- tot tweejarige pekanneut-
bome, wat Choctow, Pawnee en Witchita
insluit.
Hy het ’n redelike gebalanseerde win-
ter- en someroes, afhangend van watter
grond oop is vir ’n spesifieke gewas. Maar
vir die HTS-Kimberley man is die klem op
’n wisselboustelsel krities – “Ek plaas nie
al my eiers in een mandjie nie. My forté is
natuurlik grondbone en met my toerusting
is ek ingerig daarvoor.
LESSE VIR JONG BOERE
As daar een les is, is dit om deel van
georganiseerde landbou te wees, soos
hy deel van Eendrag Boerevereniging
is. Wees betrokke in die gemeenskap,
soos by die kerk. Hy is lidmaat van die
Nederduitsch Hervormde Kerk en is ook
voorsitter van die Vaalharts Kontreifees.
Baie dinge doen jy nie om geld na te jaag
nie, maar vir die gemeenskap. Hoewel
daar baie uitdagings in landbou is, glo ek
dat dit met die regte bestuur oorkom kan
word. Een laaste wenk is dat boere hul
risiko moet verlaag.
VAALHARTS
Vaalharts is vir hom ’n unieke plek. Ek het
nie sentiment aan die grond nie, maar ek
moet sê die uniekheid rakende ligging,
water, hulpbronne, Senwes Grainlink se
graansilo’s, maak dit uitstekend. Hier
is letterlik alles. Ek weet nie waar in die
wêreld jy hierdie unieke area en grond-
vrugbaarheidsituasie, waar feitlik
enigiets groei, sal kry nie.
Die plekkie, presies tussen
Hartswater en Magogong, waar
sy persele sowat 5km van
mekaar geleë is, het Riaan en
Nelia se lewe geword. Hy sal
ook ewig dankbaar wees vir die
tyd by die Landbank, toe hy die
hele Oos-Transvaal platgereis het
en tussen al die boere gewerk het.
“Dit het vir my die grondslag gelê”.
“Ek kon vir niks beters vra nie…
basies hemel op aarde tussen
Magogong en Hartswater.”
SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2019
27