Senwes Scenario August / September 2019 | Page 28

PRODUSENTFOKUS | PRODUCER FOCUS Riaan Esterhuizen Hemel tussen Magogong en Hartswater Indien jy van ’n buitedistrik afkomstig is en as nuwelingboer in enige streek intrek, word jy gewoonlik nou nie eintlik ’n seun van die distrik genoem nie. Maar in die geval van Riaan Esterhuizen, het die Vaalharts-mense diep in sy hart gekruip en word hy in wese as een van die Vaalhartsseuns beskou.  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur H y is in sy eie woorde “maar ’n Molopokind”, gebore op 22 April 1967 op die uitgestrekte Vryburgse grasvlak- tes. Eers op 28-jarige ouderdom het hy die Vaalharts Besproeiingskema betree en nou, na 24 jaar, is hy een van die distrik se uitstaanboere, hoewel hy dit nie self sal sê nie. “Maar dit is Saailaagte wat my grootgemaak het,” ’n plaas sowat 40 km uit op die Beesdampad, noord van Vryburg. Riaan is ’n derde- generasieboer en onthou hoe sy pa Hennie en oupa Gert daar saam geboer het. Maar sy oupa het eers op die plaas Welbedacht geboer waar hy, volgens familie, van die laat vyftigerjare al sy lyf pioniers­ boer gehou het. Hy het sy Landboudiploma by Glen Landboukollege naby Bloem­ fontein in die laat tagtigs verwerf en was vanaf 1990 tot 1995 as land- boubeampte by die Land- en Landboubank op Heidelberg werksaam. Dit was juis daar waar sy pa hom kom vra het of hy saam met hom op Vaalharts wil kom boer. “Ek het sommer dadelik besluit - verseker,” onthou Riaan goed, waarna hy en sy vrou toe “lock, stock and barrel” die 450 of so kilometer afgelê het om hul tuiste hierheen te verskuif, geanker met net hul Golfie en Datsun 1400 bakkie. Nelia is self ’n plaasmeisie, “’n Bultfontein girl” en haar ouers het op die plaas Mable tussen Hertzogville en Bultfontein geboer. Op sy beurt is Riaan een van vyf Esterhuizen kinders met Richard die oudste, jonger broer Henkie, wat in 1995 oorlede is, asook tweeling- susters Elmarie en Suretha. Riaan het nou wel nie op die spreekwoor- delike pekanneut wa geklim nie, maar die vertakking is sy laaste een waar hy pekan- neutbome op die uitvalhoeke plant. 26 SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2019 HARTSMENSE Na al die jare erken die konserwatiewe Riaan sonder om te skroom, “Vaalharts is vir my baie goed. Met groot genade, harde werk en ’n klein bietjie geluk daarby”. Hy bewonder steeds sy pa, wat hom gehelp het met die koop van perseel 4J10, waarop sy perseelhuis nou nog is. Hy huur toe ook perseel 5J10 vir drie jaar waarna hy dit koop. In daardie tyd het sy pa op persele 1&2I13 geboer. Na sy pa se afsterwe koop hy persele