NUUS
Senwes se Vir die Boere 'n treffer!
Op 1 Februarie 2019 het Senwes gehoor gegee aan Agri SA se oproep om “die boere
se probleme weg te braai” deur 'n sosiale media oproep om aksie wat braais deur
maatskappypersoneel op die maatskappy se perseel tot gevolg gehad het.
Deur Marlon Abrahams
Senwes Scenario Hoofredakteur
D
ie idee was om die boere
te ondersteun deur die oor-
voorsiening van rooivleis op
te braai. Die oorvoorsiening
was die gevolg van die droogte en die
uitbraak van Bek-en-Klouseer in sekere
dele van die land. Senwes Groep HUB,
Francois Strydom, het gesê “as elkeen net
1kg meer vleis as gewoonlik koop, kan
ons die surplus uitwis.”
beesvleis, hoender, skaap, vark, mielies
(menslike en dierlike verbruik), melk, soja,
koring, aartappels, neute en groente,” sê
Francois. Die sosiale media veldtog is 'n
prettige manier om die baie ernstige rol
wat die boer in die lewens van alle Suid-
Afrikaners speel, en die Suid-Afrikaanse
ekonomie in geheel, in die kollig te plaas.
“Die landbousektor speel 'n uiters belang-
rike rol in werkverskaffing in elke deel van
die waardeketting, vanaf die plaas tot die
tafel, en het 'n reuse impak op die fiskaal.
05
Francois het ook 'n uitdaging gerig aan
alle SA maatskappye om dieselfde te
doen. Die veldtog was baie suksesvol en
meer as 200 000 mense is deur sosiale
media bereik en verskeie media-onder-
houde is gevoer. Die sukses van die aan-
vanklike veldtog het daartoe aanleiding
gegee dat Senwes die aksie uitgebrei het
om op alle plaaslik vervaardigde kom-
moditeite te fokus om steun te werf vir
alle boere. Die uitbreiding van die veldtog
het op Vrydag, 1 Maart 2019 afgeskop
met die hutsmerke #eatlocalchicken #eet-
plaaslikehoender en Senwes personeel
het selfies en groepfoto's van hulself op
sosiale media geplaas waar hulle hoender
of hoenderprodukte geniet. Die idee was
om ons plaaslike hoenderboere, wat
onder geweldige druk is weens invoere, te
ondersteun.
“Ons gaan 'n kommoditeitswye fokus vir
die res van die jaar hê, wat elke plaas-
lik geproduseerde kommoditeit in die
Senwes bedieningsgebied sal insluit, soos
04
SENWES SCENARIO | HERFS 2019
Senwes personeel neem deel aan "braai
vir die Boere".