INNOVASIE
Label Insight and the Food
Marketing Institute Survey
Would you switch to a brand that
provides more in-depth product
information, beyond what's provided
on the physical label?
No
Yes
No
Yes
2016
2018
Bron: https://medium.com/te-food/food-trace-abili-
ty-trends-to-watch-in-2019-179a00b3b625
DIE EFFEK VAN TEGNOLOGIE EN DIE
MEDIA
iegene wat die media dophou,
kan dink dat die aantal uitbrake
en voedselbedrog oor die afge-
lope jare verhoog het. Die realiteit is egter
die volgende:
Danksy tegnologiese vordering, goed-
koper en meer akkurate inspeksieresul-
tate, word meer gevalle van besmetting
geïdentifiseer..
Intussen het aanlyn mediatoegang en
opvallende opskrifte verhoogde ver-
bruikersaandag tot gevolg. Tesame
met die grootskaalse deel van inligting
op sosiale media, versprei hierdie
artikels blitsvinnig.
D
Mense sien eenvoudig meer gevalle
wat blootgestel moet word en, as gevolg
van emosionele joernalistiek, groei hul
ontevredenheid vinnig.
Google soektogtendense dui aan dat
wanneer daar 'n uitbraak gepubliseer
word of wanneer voedselbedrog blootgelê
word, daar 'n enorme toename in ver-
wante soektogte is.
Dit lyk of verbruikers verward raak oor
voedselverwante inligting. In 'n opname
het 80% van verbruikers aangedui dat
daar 'n groot mate van teenstrydige inlig-
ting is oor wat om te eet en wat om te
vermy.
Daar word verwag dat hierdie ten-
dens sal voortduur in 2019, aangesien
die media sien dat mense aktief reageer
op hierdie onderwerpe en dat die aantal
potensiële gevalle meer word. Dit skep 'n
aanvraag vir tegnologiese oplossings wat
duidelike produkinligting verskaf.
.
BLOCKCHAIN WEN GROND
Gedurende 2018 het verskeie
Blockchain-oplossings in die landbou-
waardeketting hul verskyning gemaak in
'n poging om die huidige verbruikerson-
tevredenheid aan te spreek. Alhoewel
blockchain nie alle probleme op sy eie
kan oplos nie, is dit 'n belangrike stap in
die regte rigting.
Daar word geglo dat voedselnaspeur-
baarheid op die drumpel van 'n tegnono-
giese skuif op elke front is:
Dataverkryging
Internet of Things (IoT)-tegnologie word
goedkoper, meer betroubaar en mak-
liker om te gebruik, wat meer take, van
gewigsmeting tot temperatuurmoni-
tering, vervang. Dit sal "vertrou minder"
(trust less) dataverkryging tot gevolg
hê.
Data-analise
Kunsmatige intelligensie en groot
data-tegnologie sal voedselmaats-
kappye en owerhede in staat stel om
verskafferskettingaktiwiteite deeglik te
analiseer ten einde enige afwykings te
identifiseer.
DATAPROSESSERING EN -OPBERG-
ING
Blockchain-gebaseerde dataprosesse-
ring en die onveranderlike verspreide
grootboektegnologie (ledger technolo-
gy) sal met die “trust less”-verskaffers-
kettingidee kompeteer, waar daar op
geen enkele maatskappy of persoon
vertrou hoef te word om te verseker dat
die data eg en korrek is nie.
Verkort van oorspronklike artikel: https://
medium.com/te-food/
Vir meer inligting :
https://medium.com/te-food/food-
traceability-trends-to-watch-in-
2019-179a00b3b625
SENWES SCENARIO | HERFS 2019
13