Theme:
ve
Har st Time
INNOVASIE
Oestyd - Is Metingstyd -
Voedselnaspoorbaarheid
regdeur die waardeketting
Nampo Oesdag is sinoniem met die bymekaarkom van alle
rolspelers in die landbouwaardeketting. Die geïntegreerde
waardeketting en verwante voedselsekuriteit trek aandag
wêreldwyd. Verbruikers raak meer opgevoed en vra meer vrae
oor die produksie van hul voedsel. Hierdie artikel ondersoek
'n paar voedselnaspeurbaarheidstendense binne die
landbouwaardeketting.
Deur Martin van Zyl
Senwes Group Executive: Innovation and
Integrated Solutions
O
or die afgelope paar jaar het die
publieke mening aansienlik verander
oor die belangrikheid van deursig-
tige voedselinligting. Dit blyk dat die
publieke vertroue in die voedselverskaffingsketting
aansienlik verlaag het. Wat sal die effek van hierdie
verandering op die korttermyntoekoms van voedselna-
speurbaarheid wees?
Die Internasionale Voedselinligtingstigting
(IFIC) sê die volgende:
“Verbruikers wil weet hoe hul voedsel
geproduseer word, waar dit vandaan
kom en die kwaliteit van die
bestanddele daarvan. Hulle het
ook meer omvattende vrae oor
omgewingsvolhoubaarheid en
baie wil handelsmerke hê wat
met hul breër sosiale waardes
belyn.” – IFIC
12
SENWES SCENARIO | HERFS 2019