•••
• •
T UIN W E N K E • •
WEN EEN VAN DRIE
HANNON GESKENKPAKKE
Vanaf Maartmaand
in jou tuin
L
aat Herfs is hier en dit is voorwaar ’n opwindende tyd
op jou tuinkalender.
Dit is ’n perfekte tyd om jou agapanthus, Irisio Campa
nula en asters terug te sny, uit te haal en op te breek en terug
te plant in baie goed voorbereide grond, kompos, organiese
bemesting, ensovoorts.
Jou winter-/lentetuin moet ook nou beplan en voorberei
word. Saai dus nou pronkertjies, papawers, primulas, fox
gloves, larkspur en Namakwalandse daisies. Indien jy hierdie
aanwysings volg, is dit regtig maklik en ’n plesier om die
sade te sien ontkiem om volwaardige plante te word.
Dit is ook ’n goeie tyd om grassaad soos “shade-over” en
“all season evergreen” te saai, aangesien dit beter ontkiem in
koeler weer.
Plant nou bome en vorm struike sodat hulle kan vestig
en ’n voorsprong kan hê as die lente begin.
Bemes die tuin liberaal aangesien dit die plante sterker
maak vir weerstand teen die koue. Sit ook ’n dik laag mulch
om die voete van die plante om hul teen die koue te be
skerm.
Die wintergroentetuin moet ook nou reeds beplan word.
Saai dus nou reeds jou spinasie, blaarslaai, beet asook die
hele familie kool en uie.
’N PAAR LAASTE WITWARM VOORSTELLE
Indien jy bolle gaan plant, stof dit af met ’n insekdoder om
te verhoed dat hulle aangeval en vernietig word deur wurms
en insekte.
Maak al jou waterbakke, fonteine, ensovoorts skoon voor
die koue ons tref.
Geniet die seisoen en hou aan tuinmaak.
Groete
Carl
Die HANNON Scar Repair Tissue Oil absor-
beer vinnig en funksioneer soortgelyk aan die
vel se beskermende natuurlike lipiedlaag.
Dit bevat ook bestanddele wat kollageen
en elastienvorming onder die vel aanhelp en
so bestaande littekens en rekmerke verminder.
Die effek is ’n vel wat aansienlik gladder ver-
toon met ’n meer eweredige tekstuur en kleur.
As gevolg van die kalmerende en bevogten
de eienskappe van die Hannon Scar Repair
Tissue Oil, help dit ook om velkondisies soos
psoriase en droë ekseem te behandel.
SMS Senwes, Hannon en jou naam,
telefoonnommer en e-posadres na 31 022
voor 31 Mei 2017 om ’n kans te staan om
een van drie geskenkpakke van HANNON
Scar Repair Tissue Oil ter waarde van
R275 elk te wen.
Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van
Senwes mag deelneem nie. Vir die volledige kompetisiereëls
besoek die webtuiste www.senwes.co.za.
DIE WENNERS VAN DIE VORIGE UITGAWES VAN DIE
SENWES SCENARIO IS AS VOLG:
(Februarie/Maart 2017): CUM: Joey Delport van Lichtenburg.
Hannon: Madelein Oosthuizen van Koppies en Jacoba Boshoff
van Bloemfontein. BAIE GELUK!
SENWES Scenario • APRIL/MEI 2017
59