Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 21

N UUS • • • Gesondheidsbestuursprogramme Lekprogramme Weidingstelsel Promoveer 66 dae dekseisoene, bestuur kalfseisoene, koördineer jou melk- en voervloei, en berei kalwers vóór vir speen. GENETIKA: Erbaarhede: • Vrugbaarheid is slegs 10% oorerflik • Geboortegewig is 20% oorerflik • Speengewig is 20% oorerflik • Groei (voerkraal) is 45% oorerflik • Groei (veld) is 30% oorerflik. • Skrotum-omvang is 45% oorerflik • Bouvorm van die dier is 35% oorerflik • Karkas-eienskappe is sowat 40% oorerflik. Die res (wat die grootste gedeelte uitmaak – om by die somtotaal van 100% uit te kom) van die dier se welvaart is gesetel in jou bestuurspraktyke en hoe jy die omgewing bestuur. Hy stel ‘n kombinasie van die volgende seleksiemetodes voor: • Stambome • Visuele beoordeling. Hoe lyk die dier se hare? Hoe loop die dier? Die bouvorm van die dier? • Kyk na beraamde teelwaarde • Prestasietoetsing • Nageslagtoetsing Nog raad aan die beesboere van goeie bestuurspraktyke sluit in hoe die dier gemerk word: • Sommige diere het Id-nommers of name (hang af van die spesifieke beesrasse se vereistes). • Tatoeëring • Brand • Oorplaatjies • Elektroniese oorplaatjies • Oorknippe Nog ‘n aspek van presisieboerdery sluit hulpmiddels in soos: • ‘n Deeglike rekordstelsel • ‘n Weegskaal wat altyd ‘n goeie belegging bly • Rekenaar met kuddebestuursprogramme • Evalueringstelsel ten einde teeldoelwitte te bepaal en te evalueer – dit is die rigsnoer van seleksie vir ekonomiese belangrike eienskappe • Beraamde teelwaardes waar daar gekyk word na genetika (DNA/genetiese merkers). • Teelvordering is die resultaat van seleksie en seleksie is moontlik as gevolg van variasie. Optimaliseer dus jou omgewing, verhoog jou uitsette en verlaag jou insette – die basiese doelwit van presisieboerdery.   •••