Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 20

••• NUUS NICOLIZE VAN DER WALT DAE VAN NET ‘N WERKENDE BUL EN WINDPOMP VERBY PRESISIEBOERDERY WORD SOMS EERDER MET GEWASPRODUKSIE AS BEESBOERDERY VEREENSELWIG. TOG IS DIE WAARSKUWING DUIDELIK – BEOEFEN PRESISIEBOERDERY IN JOU BEESBOERDERY EN PLUK DIE VRUGTE OF STAAN DIE KANS OM AAN DIE KORTSTE ENT TE TREK. D ie dae wat als klopdisselboom was as die windpomp en die stoetbul op die plaas ten minste werk, is verby... Dis die boodskap van Hennie Snyman van Paradigm Landboukundige Adviseurs wat onlangs tydens die Valsrivier Bonsmara Telers se Saamtrek Studiegroep op Bothaville gesels het. Beesboerdery is beslis nie ‘n 18 lae-inset en lae risiko-bedryf nie. Deeglike rekordhouding is belangriker as ooit. Beesboerdery was, volgens Snyman, lank die weeskind in die bedryf, maar kan produsente nie bekostig om tegnologies agtergeblewe te raak nie. Een van die groot kopsere is goedkoop-koop waar bulle kwansuis vir kruisteling gebruik word – in 90% van die gevalle is dit egter slegs April/Mei