6
BESIGHEIDSOORSIG
BUSINESS REVIEW
BEDRYFSOORSIG
R155 MILJOEN • 2,0%
Marktoegang
Die vorige graanseisoen het goeie momentum aan die finansiële jaar
gegee, deurdat hoë oordragvoorrade vanaf die 2017/18 finansiële
jaar, die nuwe jaar afgeskop het met ’n goeie platform vir bergingsin
komste. Die oesseisoen was egter gemiddeld ses weke laat teenoor
die aanvanklike verwagting en het ’n permanente opbergingsverlies
vir die innames van die 2018/19 oes veroorsaak. Alhoewel die be
sigheidsegment die vorige jaar se resultaat met 2,0% uitpresteer het,
is die resultate weens dié feit agter die aanvanklike verwagting.
Die silo-opgraderingsprogram is nou in sy vierde jaar en R44,2 miljoen
is verder hierop spandeer vir die eerste ses maande. Die program sal
na verwagting effektiwiteit met 87% verhoog.
Die graanbemarkingsafdeling het egter die goeie marktoestande
gebruik en presteer 53,9% beter as die vorige jaar, terwyl die saadaf
deling rekordwinste vir die ses maande gerapporteer het.
Finansiële Dienste
R83 MILJOEN • 23,9 %
35,2% van seisoensrekenings wat betaalbaar was op 31 Augus
tus 2018, is weens die laat seisoen eers daarna vereffen en hier
die onvereffende rekenings het op 31 Oktober 2018 6,3% (2017:
4,8%) van die totale boek beloop. Dit het veroorsaak dat addisionele
waardedalings geneem word in afwagting van die normalisering
van die situasie teen 30 April 2019. Addisionele kapasiteit is ook
gevestig in nuwe areas en produkte en hierdie projekte behoort eers
later winsgewend te wees.
R24 MILJOEN • 41,2 %
Insetverskaffing
Meganisasieverkope is steeds onder druk, maar ’n vergrote fokus
op die bestuur van bedryfskapitaal het meegebring dat die finansie
ringskoste meer in lyn gebring is en dat R5,9 miljoen se waarde
dalings op voorraad teruggeskryf kon word. Daarbenewens het die
kleinhandelsbesigheid kop opgetel en ten spyte van die trae aptyt en
onsekerhede vir die nuwe seisoen, is beter marges ten opsigte van
die meeste van die grootmaatinsetgoedere behaal. Goeie vordering
is gemaak in die uitrol en integrasie van die groothandelsbesigheid
met die insetverskafferskanaal.
senwes tussentydse resultate 31 oktober 2018