BESIGHEIDSOORSIG
BUSINESS REVIEW
5
BESIGHEIDSOORSIG
OORSIG
Die gronddebat, tesame met die politieke onsekerheid, het sake
vertroue in die bedryf geknou en produsente het hul investering
en spandering in die sektor teruggetrek. Senwes het nie daarvan
ontsnap nie en die impak is die duidelikste sigbaar op die span
dering aan landboutoerusting. Voeg hierby ’n opbou van mielie
surplusse oor die afgelope twee seisoene en ‘n onder-gemiddelde
voorseisoenreënval, dan is daar groter uitdagings in die huidige
seisoen.
’n Wins na belasting van R156,5 miljoen word gereflekteer wat 6,8%
hoër is as die vorige jaar. Genormaliseerde wesensverdienste het
egter met 0,7% na 98,5s per aandeel verhoog. Die balansstaat het,
ten spyte van ’n verlangsaming in die kredietboek, goed presteer
en die eie kapitaalverhouding van 42% (2017: 36%) is goed gepo
sisioneer binne die gestelde kaviaat van 35% - 45%.
Positiewe kontantvloei van R152,2 miljoen is uit bedryfsaktiwiteite
gegenereer na die betaling van ’n finale dividend van R46,6 miljoen
vir die 2018 finansiële jaar, sowel as finansieringskoste betaal ten
bedrae van R99,1 miljoen. Rentedekking van 3,5 keer is beter as die
vorige jaar en gemaklik binne die finansieringskaviaat.
senwes tussentydse resultate 31 oktober 2018